26 Oktober 2011

22 Oktober 2011

Red Tape

Ons wil graag vir Vincent aansoek doen vir sy Hollandse en SA paspoorte (net vir ingeval ons ewe skielik besluit om 'n wereldtoer te maak). 
Die vorms wat ons moet invul is die volgende: 
1) Application for Birth Certificate
Dis nou vir 'n onverkorte weergawe, want die tillslip wat mens by die hospitaal kry, tel nie by die Hollandse ambassade nie. Ok, so dit maak sin. 
2) Vault Copy
Die een maak glad nie sin nie, want die info daarop is PRESIES DIESELFDE as wat ek op vorm nr 1 moet invul. Ek moet net bo die blokkie tick wat se vault copy ipv die ene wat se unabridged certificate. 
3) Notice of birth
Maak ook nie sin nie, Riaan het dit reeds in die hospitaal ingevul. 
4) Die weirdste een van alles - 'n Affidavit vir die late registration of birth. Huh???
Vraag nr twee op die vorm lui: I declare hereby under oath that I remember the event well, because.... 
My antwoord: It was long and painful. 
'n Justice of the Peace (wat ookal dit is - klink vir my na 'n Christus figuur) of Commissioner of Oaths moet ook hierop invul en teken. Ek hoop hulle verskaf die persone by binnelandse sake, want ek gaan wragtig nie op soek gaan na hulle ook nog nie. 


En hoekom vra hulle op elke vorm mens se ID nommer en net daarna jou geboortedatum? 


Ek haat vorms.


 Ons het 'n baie oulike paspoortfototjie van Vincent laat neem, though.




Soos Riaan se: Wanted - for stealing our hearts. 

16 Oktober 2011

Speeltyd voor badtyd

Eet, drink en laat dit bymekaar pas

Vrydagaand was 7 (+2) van ons hier bymekaar vir 'n "food and wine pairing". Ek en Liesbet het die kos gemaak Vrydagmiddag, so tussendeur die twee kinders. Hulle was modelletjies en het hulleself sooo mooi besig gehou - en al die kos was op tyd klaar. \


Ons het 7 geregte en 7 wyne gehad:
'n Capreze slaai saam met 'n Sauvignon Blanc, Aartappels, roomkaas en avo saam met 'n gehoute Shardonay, sampioenrisotto saam met 'n Viognier, lam en roosmaryn saam met 'n Cabernet Sauvignon, en Jambalaya saam met 'n Shiraz. Dan was daar 4 verskillende kase ook saam met bogenoemde wyne, en om af te sluit, twee soorte sjokolade (melk en donker) saam met Special Late Harvest en Brandewyn.
Dit was baie interessant om te proe hoe sekere geregte 'n wyn wonderlik kan laat smaak, en ander kombinasies 'n baie goeie wyn na slootwater kan laat proe. Die wenner van die aand was die Viognier, wat baie goed saam met die risotto gepas het en die mees veelsydige wyn was.

Al die maatjies het oorgeslaap (die beter opsie na so baie wyn) en Corne en sy koffiemasjien het ons Saterdagoggend wakker gekry. Na die kinders se slapie is ons mark toe vir 'n vinnige ontbyt, voor almal weer koers gekies het vir die res van hulle naweek.


'n Baie lekker kuier!

04 Oktober 2011

Vincent en Gans


Vincent en Oupa lees koerant

 'n Heel gewigtige saak. Eers rustig en ontspanne, toe met
aandag en konsentrasie (en 'n bietjie drool van Vincent se kant). Die krane-uitsoekery het baie spannend geraak!

Laaste Doorduin troue


Vir 'n hele lang ruk, ten minste! Pa Arend en Ma Hannatjie het vir my baie verlig gelyk toe die ene ook suksesvol verby is.
Johan en Bianca het Vrydag 30 September by 3 Flavors gastehuis net buite Pringlebaai getrou. Dit was pragtig - die troue was 5:30 pm, net so voor sonsonder en die lig op die berg was baie mooi. Dit is nou die eerste troue waarvan ek weet waar die bruidspaar omtrent al die kos self gemaak het! Van met lap-toegedraaide hotdogs tot by kase wat omtrent van die bordjie af oor die tafel af geloop het, was alles keurig gedoen en baie smaaklik.

Dit was Vincent se eerste groot sosiale geleentheid, en hy het aan die begin gedink dit is baie erg as mense met hom praat en aanmekaar 'n lang bibberlip getrek. Later het hy agtergekom dit is eintlik lekker, en teen Saterdagoggend se ontbyt was hy heel gesellig.














 Vincent en Iefke leer ken mekaar


Sondag het ons vir Vincent in die kerk ingeseen/opgedra/ge-"dedicate". Dit was 'n mooi geleentheid, en ons is baie bevoorreg dat ons dit sommer op dieselfde naweek kon doen en dat die Van Dijks uit Holland ook daar was. En natuurlik ons eie gesinne. Ons sê nog elke dag vir ons Vader dankie vir so 'n pragtige seuntjie. Mag ons deur Sy genade hom opvoed dat hy 'n gelukkige en selfstandige man sal word wat die Here liefhet met sy hele hart.

 






Hillcrest Berry Orchards - 'n babavriendelike kuierplek

Ek en Liesbet het 'n standaard weeklikse kuier met ons kindertjies - dit behels gewoonlik koek-en-tee of ontbyt iewers. So probeer ons al die plekke tussen Kuilsrivier en Paarl uit. Laasweek se keuse was Hillcrest - en ons was so beindruk dat ons sommer more weer soontoe gaan. Lekker rustig, 'n baie wye spyskaart, en 'n babakamer vir doeke ruil.

More doen ons High Tea..

Projects