04 Oktober 2011

Laaste Doorduin troue


Vir 'n hele lang ruk, ten minste! Pa Arend en Ma Hannatjie het vir my baie verlig gelyk toe die ene ook suksesvol verby is.
Johan en Bianca het Vrydag 30 September by 3 Flavors gastehuis net buite Pringlebaai getrou. Dit was pragtig - die troue was 5:30 pm, net so voor sonsonder en die lig op die berg was baie mooi. Dit is nou die eerste troue waarvan ek weet waar die bruidspaar omtrent al die kos self gemaak het! Van met lap-toegedraaide hotdogs tot by kase wat omtrent van die bordjie af oor die tafel af geloop het, was alles keurig gedoen en baie smaaklik.

Dit was Vincent se eerste groot sosiale geleentheid, en hy het aan die begin gedink dit is baie erg as mense met hom praat en aanmekaar 'n lang bibberlip getrek. Later het hy agtergekom dit is eintlik lekker, en teen Saterdagoggend se ontbyt was hy heel gesellig.














 Vincent en Iefke leer ken mekaar


Sondag het ons vir Vincent in die kerk ingeseen/opgedra/ge-"dedicate". Dit was 'n mooi geleentheid, en ons is baie bevoorreg dat ons dit sommer op dieselfde naweek kon doen en dat die Van Dijks uit Holland ook daar was. En natuurlik ons eie gesinne. Ons sê nog elke dag vir ons Vader dankie vir so 'n pragtige seuntjie. Mag ons deur Sy genade hom opvoed dat hy 'n gelukkige en selfstandige man sal word wat die Here liefhet met sy hele hart.

 






Geen opmerkings nie:

Projects