Opgedra aan almal wat vir ons lief is. Die wat nie spesifiek vir ons lief is nie, mag ook maar kyk.

28 November 2011

Slanghoed



Vincent is so 'n gelukkige knapie. 'n Mens kan enigeiets met hom aanvang, en hy speel lekker saam. Behalwe as hy moeg of honger is...

22 November 2011

Vooruitgang




April

Mei


 Augustus

 November


Siekbed

Ek en Riaan was altwee siek met 'n verkoue-tipe virus vir so 5 dae. Nie te maklik met 'n kleintjie nie. So het ek en Vincent groot dele van die dag spandeer.

Ons maak reg vir Kersfees


Vincent leer twee hande vat


Sommige dinge moet maar net met twee hande aangepak word.

kinners

Net so twee fototjies van Vincent se maatjies


Dirk hou van Vincent se bandana


En Colyn wonder waar is Dirk se bandana? 

19 November 2011

TED: Alexander Tsiaras - Conception to birth

Alexander Tsiaras: Conception to birth -- visualized | Video on TED.com Hierdie is 'n ongelooflike video. En ek dink hy som my gevoel oor die geboorte proses baie mooi op! Ek is nogsteeds in verwondering oor dit alles.
 

Hudson Musiek Video

Nogal 'n oulike musiek video....
 
Hudson - Against The Grain from Dropbear on Vimeo.

06 November 2011

Grande Roche

Ons het lekker Sondag oggend gou 'n ontbytjie gaan eet by die Grande Roche hier in ons ou agterplasie.
Wat 'n deftige afêre. Maar die kos (omelet) en koffie was goed, uitsig great en geselskap van uitstaande gehalte... so ons sal weer gaan!


01 November 2011

Tea Under the Trees

Die weeklikse Doorduin - Van Daalen uitstappie was vandag na 'n pragtige plaas in Noorder Paarl - waar mens onder massiewe akkerbome in 'n baie mooi groen en welige tuin kan sit en tee drink. (Hulle het koffie ook - ons het dit probeer net omdat dit baie belangrik is om te weet hoe elke plek waareen ons gaan se koffie smaak. Ek was dom genoeg om 'n cupochino met room te vat - meer room as koffie). Daar is baie baie soorte tees, though - en by 'n plek met die naam Tea under the Trees, moet mens seker eerder die tee vat.




Ons kinders het bietjie rose gekyk en geruik, en ek moet so baie fotos post want hulle is net almal SO mooi!

Pa en seun



Aaag is dit nie 'n pragtige fototjie nie?? Al kyk Vincent vir sy ma en nie vir die kamera nie.

Juno's middagete saam met die Bootsma's

Dit was die Bootsma's se tweede laaste dag in Paarl, en ons het 'n stappie gaan maak in die hoofstraat af om die tafels te sien wat vir Cultivaria gedek sou wees (het ek gedink). Nadat ons 'n redelike entjie van Riaan se werk af gestap het, en by die Cultivaria kantoor gaan inloer het, kom ons toe agter die etery was reeds Donderdagaand, en nie Saterdagaand soos ek gedink het nie. Toe gaan lunch ons maar by Juno's. 


Vincent het die Cultivaria tydskriffie van voor tot agter deurgelees.



Nog 'n suurlemoen-episode.