21 Januarie 2012

Kuier met Marius en Irma

Hierdie post het langs die pad vergete geraak. Ek het dit begin en as draft gesave, en toe daarvan vergeet. Hier is die nuwe post dan nou - jammer Irma en Marius dat ons julle "afgeskeep" het op die blog, dit was glad nie die bedoeling nie!



Ons jaarlikse kuier was die keer weer baie lekker, al was dit nie meer op Soutfontein se stoep nie. Gelukkig was dit nog nie so warm in Paarl soos nou nie! Irma hulle het met middagete die Woensdag hier aangekom. Hulle was dadelik 'n "hit" met Vincent, en hy het lekker gekuier!


Nadat ons almal saam geëet het en Riaan weer terug is werk toe, het ons LaBorie toe gestap en gaan wynproe. Wyn en sjokolade, en wyn en olywe. Dit was 'n pragtige dag en heerlik om op die stoep van LaBorie te sit met die mooi uitsig en lekker wyn. Veral Marius was baie gelukkig!


Later die middag het ons Pick 'n Pay ingevaar en inkopies gedoen vir aandete. Maar voor aandete was daar eers presente, terwyl Vincent nog wakker was. Die Doorduine het nie goeie voorbereiding getref nie, en al die presente was van Irma en Marius aan ons. Baie dankie, julle, dit was baie spesiaal! Ek het ongelukkig nie 'n foto van die Sjokomel geneem nie, ai, en dit is al lankal op!




Aandete was heerlike vis wat Marius in botter gedoen het.


Donderdag (wat 'n vakansiedag was), het ons lekker laat geslaap, en daarna Grand Roche toe gestap vir ontbyt. Wat toe lunch geword het, omdat ons na ontbyt tyd daar aangekom het! Nog 'n mooi stoep met 'n pragtige uitsig (ons moet opmaak vir Soutfontein).





Terug by die huis het almal 'n middagslapie gedoen, waarna ons weer gaan stap het, in die arboratorium die keer. Dit was die einde van die Paarl kuier, maar ons het mekaar darm nog by Pringlebaai gesien tussen Kersfees en Nuwejaar. Dit was die koudste dag van die Kersvakansie, dit het gereën en die wind het gewaai. Marius en Riaan het 'n surf-date gehad, en ek het gedink ons sal dalk maar iets anders gaan doen, maar danksy Marius se lus vir die water, het dit tog gebeur. Die branders by Kleinmond was eintlik baie mooi, en dit was lekker buite in die drizzle. Ek en Irma het die plaaslike koffiewinkel gaan probeer - die uitsig was mooi maar die koffie en die kos nie heeltemal die moeite werd nie! Niks het vir Vincent gepla nie, hy het deur alles geslaap!

Ek? Stout?


Net mooi nooit nie! Sal ook nooit wees nie! Wat het julle dan gedink?

Hoe groot...

 Hoe groot was dit? Mmm, ek kan nie mooi onthou nie. 

O ja, nou weet ek! 


Soooo groot! 

Ouma verjaar!

Ouma Marti het onlangs verjaar, en die Doole was voltallig aanwesig! Dit was baie spesiaal. Die kids het almal lekker laaat opgebly vir die geselligheid. 


Bakdag


Ek en Mamma bak vir Pappa se verjaardag (dit was nou al weer laaaank terug). Ek mag nog nie bakke uitlek nie, maar ek het darm 'n mangopit en'n koekie gekry!

02 Januarie 2012

Vakansie Tyd is Vincent Tyd

Ja, die blog is opgedra aan ons klein bondeltjie vreugde... Vincent!

Die naweek van die 16de (Dingaans dag of so iets...) is ons op vakansie. Lekker... Die Paarl begin bietjie sy hitte vir ons wys en 'n swembad met water is gevul met balletjies en Vincent het lekker gespeel...
Sondag is Benjamin, Vincent se nefie opgedra in die kerk... Was 'n baie oulike diens en die kuier daarna was net so lekker! Oupas, Oumas ooms tantes het lekker gekuier en gebraai! Lekker... (3 fototjies bymekaar)



Na die kuier by die Natrasses het ons aangestoot Pringlebaai toe. Vincent het hier sy eerste kennismaking met 'n kreef gehad: Vincent: Kreef; Kreef: Vincent! Beide kreef en Vincent het nie mooi geweet hoe om die situasie te hanteer nie. In die oggend is Vincent se gunsteling tyd verdryf om bietjie met oupa te speel! Rustig (of dit is wat Oupa vertel) sit en speel hy by hulle tot die res van die huis wakker word.) Verder het ons lekker met hom gaan stap in Kleinmond en die markies en viswinkels verken.


Kersfees was ook 'n eerste vir Vincent. Oumas, Oupas, Ooms, Tannies en ouers het almal 'n ou iets vir hom gehad. Swem in die lagoon was ook op die aggenda, veral na die koue water in die see... Brrrr....


En met 'n eerste kersfees is dit 'n eerste nuwe jaar ook. Pa en Ma het vroeg gefade... Die ontbyt die volgende oggend was 'n fees. Ook die feit dat die Doorduine voltallig was. Al 9 van ons!


'n Voortreflike eerste vakansie saam met Vincent!






Projects