02 Januarie 2012

Vakansie Tyd is Vincent Tyd

Ja, die blog is opgedra aan ons klein bondeltjie vreugde... Vincent!

Die naweek van die 16de (Dingaans dag of so iets...) is ons op vakansie. Lekker... Die Paarl begin bietjie sy hitte vir ons wys en 'n swembad met water is gevul met balletjies en Vincent het lekker gespeel...
Sondag is Benjamin, Vincent se nefie opgedra in die kerk... Was 'n baie oulike diens en die kuier daarna was net so lekker! Oupas, Oumas ooms tantes het lekker gekuier en gebraai! Lekker... (3 fototjies bymekaar)



Na die kuier by die Natrasses het ons aangestoot Pringlebaai toe. Vincent het hier sy eerste kennismaking met 'n kreef gehad: Vincent: Kreef; Kreef: Vincent! Beide kreef en Vincent het nie mooi geweet hoe om die situasie te hanteer nie. In die oggend is Vincent se gunsteling tyd verdryf om bietjie met oupa te speel! Rustig (of dit is wat Oupa vertel) sit en speel hy by hulle tot die res van die huis wakker word.) Verder het ons lekker met hom gaan stap in Kleinmond en die markies en viswinkels verken.


Kersfees was ook 'n eerste vir Vincent. Oumas, Oupas, Ooms, Tannies en ouers het almal 'n ou iets vir hom gehad. Swem in die lagoon was ook op die aggenda, veral na die koue water in die see... Brrrr....


En met 'n eerste kersfees is dit 'n eerste nuwe jaar ook. Pa en Ma het vroeg gefade... Die ontbyt die volgende oggend was 'n fees. Ook die feit dat die Doorduine voltallig was. Al 9 van ons!


'n Voortreflike eerste vakansie saam met Vincent!






Geen opmerkings nie:

Projects