26 Maart 2012

'n Man het sy steak nodig!

 Vincent: en toe klim ek op my hobbelperd en jaag die kat en vang haar aan die stert. Dit was 'n woeste geveg, maar toe ek klaar is met haar toe sit sy saam met die ander diere op die boekrak waar sy hoort.
Benjamin: maar..
 Wag bly stil, ek is nog nie klaar nie. En toe wou my ma he ek moet sulke slegte ryspap eet. Kan jy glo: ek wat krag nodig het vir al die avonture. Ryspap! Blah. 'n Man het steak nodig. Ek voel al hoe lam is my bene as ek probeer opstaan. Hulle wil nie saamwerk nie! Dan moedig almal my aan om te kruip, maar hulle gee nie eers vir my oordentlike kos nie!

Ek is so bly jy verstaan.

Lekker by die dam

Colyn (x2) se verjaardag was by 'n lekker dam op 'n Ceres boer se plaas. Die kinders het al te lekker in die sand en in die water gespeel. 

                                     



 Vincent het sy eerste smakie van sand gekry. Ek dink nie hy het al agtergekom mens kan dit nie eet nie.



Altyd lekker op Pappa se skouers!

Partytjies!


Een kombuistee, een babyshower en een eerste verjaardag verder. Die kombuistee was Telanie s'n, hulle is van ons laaste vriende wat val. Nou nog net Keith die bittereinder! 
Mia is die enigste meisie onder die klomp vriende se kleintjies, en sy geniet die ouer-sussieskap. 
Vincent en Brett hang aan haar lippe. Hulle is duidelik nie gewoond aan girls nie! 

Klein Colyn ken sy sussie natuurlik baie goed, en lag lekker vir die ander twee se "adoration". 



Colyn is een jaar oud en het 'n groen karretjiekoek! Wat die kinders self met die hande mag eet. Pret!

19 Maart 2012

Trek is nie pret nie

Dit is darm beter as dit na mens se eie plek toe is - ek is so bly ons hoef nie weer na 'n huurhuis toe te trek nie. Nou kan ons kamers verf en soveel gate in mure maak as wat ons wil. Ons huis in Kampstraat het 'n redelike hoeveelheid werk aan gehad - ons het van dit al gedoen maar daar wag maar nog baie oor die volgende paar jaar. Maar dit is nou skoon en mooi geverf en heel leefbaar. Die kombuis maak nie meer dat mens jou hoed oor jou oë wil trek as mens daar instap nie, en die meeste van die bokse is uitgepak - al is dit net in kaste in waar dit later weer uitgepak en uitgesorteer moet word. Vincent slaap in sy eie kamer - wat nog 'n mooi seuntjiekamer moet word, en ons slaap in ons eie kamer - sonder kasdeure en sonder gordyne. Ons studeerkamer werk al so semi.
Sonder wonderlike gesinne wat almal gehelp trek, kaste verf, bokse uitpak, kos aandra, Vincent oppas, en menige ander werkies gedoen het, sou ons dit nie gemaak het nie. Ek dink ons sou al lankal mal geraak het. Ek weet nie hoe trek mense sonder 'n gesin wat help nie. Hulle huur seker mense om dit vir hulle te doen.

Hier is 'n paar voor en na fotos. 







Dit was jammer van die knotty pine plafon, maar dit het die vertrek 'n bietjie te donker gemaak. 


 Ek was baie bly ons kon darm mense kry vir die skuur en die verf. Nie 'n lekker werkie nie!

 Nog steeds n' donker vertrek, maar dit maak al 'n groot verskil.

 'n Bietjie verf maak baie dinge reg.

Almal ontspan na 'n naweek se harde werk

 Ons geniet ontbyt in die son


18 Maart 2012

Sjoe ek sien nou hoe lanklaas het ons geblog. Dit was bietjie deurmekaar met hopelik ons laaste trek vir 'n hele paar jaar. Riaan sê dit is nie 'n goeie idee om nou te begin blog nie, want dit is al tienuur. En hy is waarskynlik reg. So ek gaan net sê ons is terug op die lug - ons studeerkamer werk al val ons oor kratte vol kabels en bokse vol leêrs om by die rekenaars uit te kom. Maar die rekenaars is aan, en die internet ook, jippee! So aan al ons fam en maatjies wat al moeggelees is oor ons kuier met Irma en Marius - julle sal binnekort weer nuwe leesstof hê. En fotos van die oulikste seuntjie in die wêreld (met apologie aan al die ander mammas).


Hier is solank een om mee te begin. Die twee manne in my lewe.

Projects