12 Augustus 2012

Is it music?

Slaap..


So lyk dit as mens lekker slaap!

Weer Cedarberge

Laasnaweek was dit die van den Dool kant van die familie se beurt vir die Cedarberge. Ons het almal ons intrek in Oom Piet se huis ingeneem. Dit moet so snaaks wees vir 'n kleintjie soos Vincent - ons klim in die kar, ry ure lank, klim uit op 'n plek en dan is Oupa en Ouma, tannie Ronel en oom Brett, en beste van alles, nefie Benjamin ook daar! Hy was baie ingenome om sy nefie te sien en het vinnig nadergekruip en na hom gewys en seker gemaak ons sien almal dit is sy nefie! Dit was maar bitter koud, veral Saterdagnag, maar ons het lekker gekuier - en die sneeu met 'n dag gemis!! Maandag het dit in al 9 provinsies gesneeu, blykbaar die eerste keer wat dit opgeteken word. Ons sou sowaar vasgesneeu gewees het.

 Pragtige sonsondergang!

 'n Bewys dat dit onder vriespunt was Saterdagnag

 Oeee bokkies!
 Pasop - hulle kou mens se vingers!

 Eendag gaan ek ook so 'n stootskraper ry!

 Benjamin sit op sy seepkis en vertel 'n klomp stories.

Halo Mamma!

Projects