16 Junie 2013

Vincent kry 'n bed

Na baie lank se beplanning... yes:
Plan A... nee
Plan B... Doahh
Plan C... Ah!
Het Vincent 'n "groot-seuntjie-bed" gekry!

So Plan A:
Sit 'n plaar planke teen die muur sodat ons 'n goeie "fondasie" kan vorm!
Sit dan 'n raamwerk met 'n paar ander odd planke vir die matras neer..
Oops en dan is die ding so hoog dat arme Vincent omtrent kophoogte met die matras is... Ouch.

Mmmm... Plan B:
Kom ons herwin 'n stuk presedwood (wat ons dan invoer van Pringlebaai) en gebruik die in plek van die vreeslike raam. Oops hy is so aks te kort... Ai...

Ah.... Plan C:
Kry 'n lekker stuk Marine Ply (Shatter Board of so iets) en saag die ding nou maatpas. Sit twee planke soos aangedui vas vir struktuur en siedaar! Ons klein seuntjie het 'n groot seuntjie bed!

Lekker slapies!


Projects