19 Februarie 2014

'n Baie anderste troue

Ons het so 'n maand terug betrokke geraak by Niklaas, Paarl se karwasman. Hy is 'n bekende gesig in Paarl se strate met sy waentjie. Ek het sy storie toevallig op Youtube gesien omtrent 'n jaar gelede, en was diep geraak deur sy getuienis.

http://www.barometer.mobi/p/639235/niklaasrsquo-carwash-service

Die dag wat ons stories en hulle s'n gekruis het, was ek besig om met Vincent van die skool af te stap. Hulle het van agter af by ons verbygekom - en ek het gevra of hulle 'n kar wil was. Dit was die begin van wat hopelik 'n lang pad saam sal wees. Ek het die voorreg gehad om getuie by hulle troue te wees (die eerste keer wat ek 'n troue by binnelandse sake bywoon!), en ook om die wedding planner te wees (nog 'n eerste). Dit was 'n pragtige troue, hulle was altwee baie gespanne maar die onverwagste "onthaal" na die tyd het hulle heeltemal onkant gevang en dit was pragtig om te sien.







Hy en sy vrou Ursula woon op die oomblik by sy ma in 'n ou gebou op 'n stuk grond waar daar 'n hele paar opslaanhuisies is. Hulle name is op die waglys vir 'n huis, hy en sy ma s'n. Hy glo die Here gaan voor die einde van die jaar vir hulle 'n huis gee, maar hy werk ook self daaraan om vir hulle 'n dak op te sit, hy sit nie net ledig en wag nie.

Ek sien uit daarna om te sien waar hulle pad hulle heen lei.

Geen opmerkings nie:

Projects