30 September 2008

Weer 'n slag 'n bietjie Mia












Mia raak nou groot. Sy is nou 'n tiener. Sy eet nie vis en hoendervelletjies nie, maar hou van ertjies en toiletrolle. Sy bekruip tarentale en skape, en kry dit gelukkig reg om uit die buurman se kat se kloue te bly.




Sy is die wereld se oulikste kat!

13 September 2008

Angus Buchan

Saterdag middag op die trein, terwyl ek en Kari elkeen effens olik is met verkoue en maagpyn. Op die peron by Newlands vir Konrad, 'n ou kerk vriend van Kari en oud kolega van Wim by Lodicon, raakgeloop. Lekker gekuier voor die tyd, en hy het toe sommer by ons gesit aangesien sy vroutjie tuis was. Dit was aanvanklik vreeslik warm, maar soos die sonnetjie agter die berg verdwyn het, het dit vinnig geniepsig koud geraak. Ek en Kari het lekker onder komberse warmgebly...

Oom Angus se preek was soos altyd direk: "Sorg dat julle bid! Soveel as moontlik!" en "Amen!"

Na die tyd saam met Oom Kurt en Tannie Liesbet terug Rogerstraat toe en toe terug na huis.

01 September 2008

Sneeuspeel









Dis nie aldag dat dit in SA op lentedag sneeu nie. Ek en Marna het besluit om die fenomeen ten volle te benut, en is so 3pm se kant, gewapen met 'n fles tee, warm klere (ongelukkig nie handskoene nie) en 'n kamera Gydopas se kant toe. Oral langs die pad het ons motors gekry wat met sneeumanne op die bonnet rondry. Aangesien my motortjie nie 'n lekker bonnet vir die doel het nie, het ons sommer ons s'n langs die pad gebou.

Projects