21 Julie 2009

Tonnel-naweek


Ons het die naweek die tonnel se besproeiing gefinaliseer, die skadunet in die dak en voor die deure gehang, en die onkruid doodgespuit. Nou nog net die grond regkry en laat toets, dan kan daar geplant word!
Riaan sit besproeiing in en Mia hou die leer stewig.

Vir die Ma's...


'n Foto van julle kleinkat

13 Julie 2009

Nog 'n Doorduin troue! (Two down, one to go..)


Rocklands, Grabouw
(Vir die res van die fotos, kyk by Peartree.co.za)






'n "Anderste" troue voorwaar, maar pragtig en baie spesiaal. 'n Mens kon tog in elk geval nie "gewoon" van Stef en Yolandi verwag nie. Hulle wou 'n kuier troue hê, en 'n kuier troue het hulle gekry, van 8uur Saterdagoggend af tot 5uur die middag.

Ons het begin met cuppuchino's, expresso's en filter koffie, croissants en heerlike beskuit. Tussen 8-9 het mense aangekom, koffie gedrink en begin kuier. Vir die wat baie koud gekry het, was daar selfs 'n likeurtjie vir by die koffie. Omtrent 9uur het Pa Arend ons almal herinner daaraan dat ons nie die weer as vanselfsprekend mag neem nie: Die weervoorspelling het gesê koud, reën en harde wind. Warm was dit nou nie eintlik nie, maar daar was net 'n briesie, en die sonnetjie het pragtig geskyn. Die Vader het voorwaar Sy Hand in die weer gehad!

Ons is almal af na die "kerk" langs die meer, en oppad soontoe het Stef vir Yolandi by die gastehuis gaan haal en terwyl almal toekyk by die trap af begelei. Alhoewel Stef aangetrek was soos vir die hartjie van die winter en Yolandi net mooi die teenoorgestelde, het hulle 'n pragtige paartjie gemaak.



Die diens was pragtig. Geen preek, net 7 mense wat uit hulle harte gedeel het. Mooier kon dit nie. Dit is afgesluit deur 'n nagmaal, en toe het Yolandi se ma die legal stuff gedoen, en kon ons hulle met blomblare gooi!




Mnr en Mev Doorduin nommer 3.








Die onthaal was baie gesellig, en alhoewel hulle gevra het vir geen "items", het ons tog 'n paar ingesneak. Jammer julle! Hoop julle het dit tog bietjie geniet.

01 Julie 2009











Hoe om 'n naald uit 'n kat se keel te haal

'n Stap vir stap gids...

2) as die kat nog semi-ok is met waar ookal die naald sit, spandeer eers 'n minuut of 2 aan beplanning
3) draai die kat GOED toe in TEN MINSTE 2 GROOT handdoeke. Sorg dat daar nie 'n poot iewers kan uitkom nie.
4) Hou die kat se kop onder 'n lig sodat jy beter kan sien.
5) hou die kat se bek oop met jou een hand. Jy kan 'n handskoen aantrek as jou kat 'n byter is.
6) MOENIE 'n tweezer gebruik om die naald mee uit te haal nie, 'n naald is glad en 'n tweezer ook. Gebruik jou vingers as jy kan bykom, of anders 'n skerpbektangetjie. Hy het ten minste riffeltjies.
7) Sorg dat jy die naald styf met die tang vashou as jy dit eers het, sodat dit nie weer inval en nog meer skade doen nie.
8) Maak 'n groot fuss van die arme kat as die operasie klaar is. Gee vir die kat 'n klompie water en hou dit goed dop vir enige nagevolge.

O ja, en natuulik nommer 1: Moenie die naalde laat rondlê in die eerste plek nie!!

Projects