24 Januarie 2009

Verbouings op Soutfontein















Ons het al so 'n paar dinge geleer uit die bou-petalje:
  1. Bouers is 'n ander spesie.
  2. Bouers gee nie om vir tuine nie. Hulle sien dit nie eens raak nie.
  3. As 'n bouer iets op 'n slegter manier kan doen met minder moeite, sal hy dit verseker doen.
  4. As 'n bouer gese het hy kom op 'n Saterdag, maar hy word die oggend wakker en is nie meer lus nie, dan kom hy nie.
  5. 'n Bouer weet nie wat 'n waterpas is nie.
  6. Gelukkig het ons ook gesien dat dit wat 'n bouer in 'n dag doen, kan ons self in 2 ure doen.
  7. Ons kat hou van die bou-gedoente. Dit maak heerlike nuwe speelplekke oop!

03 Januarie 2009

01 Januarie 2009

Pieterse kuier




Die eerste oggend van 2009 kry ons v Reinhold en Chrisel en haar ouers. Lekker om te sien hoe groot hulle Wilhelm geword het. Daarna lekker in die res van Herold Nixon Porter Botaniese tuin gestap.

En geoefen hoe om met klein kiddies te pose....(k)




Projects