28 November 2011

Slanghoed



Vincent is so 'n gelukkige knapie. 'n Mens kan enigeiets met hom aanvang, en hy speel lekker saam. Behalwe as hy moeg of honger is...

06 November 2011

Grande Roche

Ons het lekker Sondag oggend gou 'n ontbytjie gaan eet by die Grande Roche hier in ons ou agterplasie.
Wat 'n deftige afĂȘre. Maar die kos (omelet) en koffie was goed, uitsig great en geselskap van uitstaande gehalte... so ons sal weer gaan!


01 November 2011

Tea Under the Trees

Die weeklikse Doorduin - Van Daalen uitstappie was vandag na 'n pragtige plaas in Noorder Paarl - waar mens onder massiewe akkerbome in 'n baie mooi groen en welige tuin kan sit en tee drink. (Hulle het koffie ook - ons het dit probeer net omdat dit baie belangrik is om te weet hoe elke plek waareen ons gaan se koffie smaak. Ek was dom genoeg om 'n cupochino met room te vat - meer room as koffie). Daar is baie baie soorte tees, though - en by 'n plek met die naam Tea under the Trees, moet mens seker eerder die tee vat.




Ons kinders het bietjie rose gekyk en geruik, en ek moet so baie fotos post want hulle is net almal SO mooi!

Pa en seun



Aaag is dit nie 'n pragtige fototjie nie?? Al kyk Vincent vir sy ma en nie vir die kamera nie.

Juno's middagete saam met die Bootsma's

Dit was die Bootsma's se tweede laaste dag in Paarl, en ons het 'n stappie gaan maak in die hoofstraat af om die tafels te sien wat vir Cultivaria gedek sou wees (het ek gedink). Nadat ons 'n redelike entjie van Riaan se werk af gestap het, en by die Cultivaria kantoor gaan inloer het, kom ons toe agter die etery was reeds Donderdagaand, en nie Saterdagaand soos ek gedink het nie. Toe gaan lunch ons maar by Juno's. 


Vincent het die Cultivaria tydskriffie van voor tot agter deurgelees.



Nog 'n suurlemoen-episode.

Projects