24 Januarie 2010

Kromrivier



Saterdag oggend is ons redelik betyds uit die bed oppad na Kromrivier in die Sederberg. Eers 'n lekker stop vir koffie in Citrusdal se "The Grapevine". Dirk het ook sommer oppad gehoor ons is daar en toe kuier ons lekker met hom ook. So bietjie later as beplan spoor ons die ander se tent oop by Kromrivier. Vinnige broodjie en toe 'n lekker middag slapie uitgepak.

O'ja, die ander was Marna, John en Ruedi. Terwyl ons Cranium (TM of so iets) het Rudi vir ons 'n heerlike aandete gemaak: Knoffelbrood, sampioene, en lekker braavleis met 'n klomp ander lekker dinge tussen in (waarvoor ek heeltemal nie genoeg gekultiveer genoeg is nie). Na ete is ons op 'n nagmars in die maanlig. Lekker manier om die ou kos te laat sak!

Sondag oggend lekker vroeg op! Yes, dit was Marna se verjaardag! Dit is nou om die skaduwee by Bobbejaan kop te vang. Ruedi is 'n ernstige rotsklimmer. Saam met Ruedi op om te gaan toprope en toe begin die pret. Ons was 'n klompie so ons kon elk net twee roetes klim, maar ja, dan kan mens nie anders as om terug te dink aan die Watervalboven-Pretoria dae nie...
Na die klimmery gaan Brunch (yes, met 'n hoofletter), swem en toe terug huistoe!


21 Januarie 2010

'n Ou fototjie van 'n maatjie...


Baie interessant wat mens op die internet opspoor! :-)
Click op die titel van die post om die oorsprong van die foto te sien.

20 Januarie 2010

Ystervark in die pot

Gisteroggend kry ek 'n oproep van Stephen met die nuus dat die ystervark (wat al so tyd op die werf pla) gevang is en of ek hom wil he. Dit is dan na aanleiding van 'n gesprek die naweek dat ons nog nooit ystervark geeet het nie. Nou ja. Dan kan 'n man seker nie nee se nie. So ry af oppad na werk, gewapen met 'n swart sak en 'n boksie om die gedierte in te laai. Na 'n vinnige loer na die lewendig aandete is daar besluit dat Piet dit sal dood maak en skoon maak. Wat ons toe nie besef nie, is dat dit 'n redelik storie is om so dier klaar te maak. Die spaar varkie, ag, krimvarkie, ag, ystervark is 'n aansienlik bietjie grooter as wat ek dit voorgestel het, en tot 'n mate nogal 'n vreemde ervaring om so dooie ding te bewerk. Gelukkig met Jaco wat via mobiele tegnologie vir morele ondersteuning sorg, leer mens die anatomie van so vark nogals vinnig ken! Nou vir die wat wonder hoe so vark lyk is die foto hier aangeheg. En ek vertrou dat ons more die eerste tjoppie op die kole gooi! Bon-apetit!

17 Januarie 2010

Lekker Verjaar ou maat

Saterdag oggend, seker teen so 9:00 se kant het 'n paar van ons gaan stap in Jonkershoek. Wim het 'n lekker piekniek plekkie aanbeveel in 'n geelhoutbos op die naaste roete aan die hek.

Die stap was volgens Wim se kaart en 'n check op Google Earth nie meer as 800m nie. Die kleintjies kon lekker bybly. Kari het 'n ongelooflike "spread" daar inmekaar geslaan en ons het heerlik gesmul en gekuier!


Walk humbly

Each of you are filled with a thousand heresies, and will be until the day you die.
Walk humbly.
Walk humbly.

- Een of ander professor in Teologie

Jaarlikse Irmarius + Kariaan (met bonus ball Paul) Soutfontein-stoepkuier











Dinsdagaand het ons heerlik saam op die stoep gekuier. Tog 'n bonus om almal hier te hĂȘ op Riaan se verjaardag! Ete was 'n meze-platter, en babymarrow en kaas-souffle, wat, sonder die bakpoeier, in 'n babymarrow-eier-bake ontaart het, maar darm nog lekker was. 2 Romanspinnekoppe het ook opgedaag vir die partytjie, maar ons het hulle gou verjaag.

13 Januarie 2010

Kari en Irma-dag

Dinsdag was Kari en Irma-dag. Eers klein bietjie op Soutfontein gekuier, en toe na Riebeek Kasteel: 'n paar plekkies deurgestap en die res van die middag by die Hotel omgekuier.

11 Januarie 2010

Huisplanne


Ons huisbou planne is nog so van tyd tot tyd aan die gang. Hier is 'n skets van nou-die-dag... Moet bieg dat meer praktiese weergawe baie kleiner as aangeheg lyk... Sal later as hy meer vorm aangeneem het in sketchup die post opdateer... Tot tyd en wyl droom ons lekker...

10 Januarie 2010

Vroeg oggend MTB

Hier weet nie watter tyd in die oggend herinner my vroutjie my dat ons gister gese het ons gaan vroeg opstaan vir 'n lekker MTB sessie... Ek kan natuurlik niks onthou nie, maar nietemin, slaap is heeltemal versteur en verder slaap is nie 'n opsie nie. So 5:30 is ek op en baie knorrig aan die gereed maak. En in 'n gister 35degC is die 25degC beslis iets om te beleef. Aangesien dit die eerste keer is dat ons weer op die saal is, skuifel ons Moorreesburg se kant toe tot by die teerpad en kom weer terug. Net-net 20km... maar lekker om weer op die saal te wees! Hier is 'n fototjie van ons. (Dankie aan GIMP wat die driepoot vasgehou het...)

Modbus en python

Onlangs by die werk het ons 'n module aangekoop om 'n beperkte stel I/O te dryf (4 TTL intrees / 4 optiese ge-isoleerde intrees / 4 relay uittrees / 4 LED uittrees). Ons het besluit op die Eagle DAQ-S69. Aangesien ek meeste sagteware deesdae in Python ontwikkel het ek dadelik gaan soek vir 'n Python implementering van modbus... google... yep: 2!
OK so watter een:
  • pymodbus afgelaai en dit was 'n mission
  • modbus-tk afgelaai en dit het dadelik geloop, behalwe vir 'n paar tweaks
So met die besluit om verder te gaan met modbus-tk het ek ingespring en gou die veranderinge gemaak. Kontak opgeneem met die developer: Luc, en siedaar! Modbus-tk is nou reg vir aksie!

Omdat ek die ontwikkeling in my eie tyd doen is dit ook lekker om dit op my Linux box te kan doen. Ek gebruik sommer Netbeans 6.7 EA Python daarvoor, sien screenshot (besig met 'n paar testcases) hieronder. Klink of daar nog planne is vir 'n HMI, so dit sal interesant wees...





06 Januarie 2010

Oo so dis hoe! Ek het ook al gewonder...

Bach was approached by a young admirer one day and asked, "But, Papa Bach, how do you manage to think of all these new tunes?"
"My dear fellow", Bach is said to have answered, according to my version, "I have no need to think of them. I have the greatest difficulty not to step on them when I get out of bed in the morning."

Uit: Jung and the story of our time - Laurens van der Post

02 Januarie 2010

Memories

Ek is besig om bokse met briewe en kaartjies en dagboeke uit te sorteer, en toe vind ek hierdie gediggie wat ek geskryf het toe ons destyds van ons "plaas" Driehoek af getrek het.

Memories

Somewhere on the continent of Africa
right near the southernmost tip
somewhere between the city of Cape Town
and the historical university town of Stellenbosch
between the foothills of the Stellenbosch mountains

there lies a pool of memories
bound together by the fences
of a smallholding

called Driehoek

it has a driveway
a long one
where we used to play cops and robbers on our bicycles
long ago
it used to be gravel
tarred now
and it can hold 10 cars (on a good day)

we grew up here for the last 21 years
not that we are grown-up now, maybe we like to think we are, but I think you lose more as you go along than what you gain

i'll remember it, even though we're moving soon

it's sad

you can't hold onto things, they say
but you can return to them

The mind is like a city, like London
Like Rome, a capital?
i prefer it to be like Driehoek, a smallholding
holding many small memories
to make a life

(or at least the beginning of one)

- Kari

Daai fences is nou al lankal nie meer daar nie - maar die memories bly, vir almal van ons wat daar geleef het!

Projects