Vir almal wat vir ons lief is. Die wat nie spesifiek vir ons lief is nie, mag ook maar kyk.
10 Januarie 2010
Vroeg oggend MTB
Hier weet nie watter tyd in die oggend herinner my vroutjie my dat ons gister gese het ons gaan vroeg opstaan vir 'n lekker MTB sessie... Ek kan natuurlik niks onthou nie, maar nietemin, slaap is heeltemal versteur en verder slaap is nie 'n opsie nie. So 5:30 is ek op en baie knorrig aan die gereed maak. En in 'n gister 35degC is die 25degC beslis iets om te beleef. Aangesien dit die eerste keer is dat ons weer op die saal is, skuifel ons Moorreesburg se kant toe tot by die teerpad en kom weer terug. Net-net 20km... maar lekker om weer op die saal te wees! Hier is 'n fototjie van ons. (Dankie aan GIMP wat die driepoot vasgehou het...)
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
-
'n Lekker Woensdagaand-uitstappie na Le Quartier Francais in Franschoek: 'n ete-fliek combo. Dit is volgens Wikipedia die beste rest...
-
My nuwe kolega Francois het ons saamgenooi om die Doring rivier te kom roei, saam met 'n pel van hom se roei maatskappy. So Vrydag aand ...
-
Na 'n lang nag van flieks kyk en min slaap, land ons 6 a.m. op Attaturk Internasionaal. Gou-gou deur doeane en koop 'n visum, mens k...
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking