20 November 2010

Kalkbaai uitstappie

En Woensdag was ons in Kalkbaai. Minder toeriste en meer variasie in winkels as in Franschoek. Middagete by die Olympia kafee, waarvan ek al baie gehoor het maar waar ek nog nooit was nie. Dit het 'n baie gesellige atmosfeer, en ook lekker kos. En baie lekker cuppochino's, mm!









Franschoek uitstappie

Irma se week in die Kaap moes optimaal benut word, en Franschoek was op die menu. Na 'n wandeling in die hoofstraat op om moontlike eetplekke uit te check, het ons besluit op Le Quartier Francais. Dit was 'n ervaring - die kos was uitstekend. Hulle doen klein gereggies waarvan mens meer as een kan bestel, en die smake en kombinasies is puik.

Le Quartier Francais is 'n hotel en restaurant, en hulle het ook 'n klein teater langsaan wat mens of in kombinasie met 'n ete kan doen, of op sy eie. Hulle het elke aand 'n ander film wat wys: lekker groot sitplekke met 'n komplimentêre glas rooiwyn en bakkie kaasballe. Definitief aan te bevele!

Die spyskaart wat allerhande lekker dinge belowe.

Shaved watermelon, goat's feta en dried olive salad. En in die agtergrond, fish pops met chakalaka ketchup.

fried parmesan gnocchi met spiced brinjal en swiss chard

little pan pizza met home made cheese, smoked tomato en basil

Na middagete het ons by die Franse Hugenote monument gaan rondkyk, iets wat ons altwee op skool laas gedoen het.

Dirk en Gherda

13 November - die groot dag vir Dirk en Gherda

Kerk: Toringkerk Paarl
Venue: Val de Vie

Dit was 'n lekker partytjie. Die speeches was oulik, Oom Anton was snaaks, en die mense het lekker gekuier. En Adamsappel het baie mooi gesing.

Baie geluk julle twee - dit was lekker om dit saam met julle te vier.

Dirk en Gherda Honing

Goeie weersien met Irma

'n Polo-game word in die agtergrond gespeel.

Die bruidstafel

Adamsappel

Pringlebaai


Die pragtige uitsig vanaf my skoonouers se stoep.

Kyk baie mooi - daar is 'n walvis net agter die rotse. Kop links, stert regs.

Bundi Breerivier naweek

Ek is baie agter met skryf, so hierdie naweek het al 'n paar naweke terug gebeur. Een van Riaan se kollegas, wat ons kontak met Paul Rhode van Bundi Adventures is, het ons genooi vir die openingsnaweek van hulle Breërivier-kamp. Ons het baie lank uitgesien na die naweek, en ten spyte van die feit dat ek verkoue gekry het net voor die naweek, het ons dit baie geniet. Daar was omtrent 120 mense, so well done aan Bundi wat alles baie mooi georganiseer het.
Vrydagaand was 'n lekker potjie en kuier tot laat. Saterdagoggend 'n driekamp (ons het gegaan vir die 5 km stap), BAT challenge (waar mens in spanne van 4 rondhardloop na verskillende punte en vrae moet antwoord), en van 2pm-6pm het ons rivier-af geroei. Saterdagaand kuier en dans, en Sondag is almal so stuk-stuk huistoe.

Ons het darm met lekker sagte Crocks geroei en nie met die harde kanoes nie.

Marna het besluit sy slaap g'n niks in 'n dorm nie!

Net om seker te maak ons draai om by die 5 km merk en hardloop nie tot in Worcester nie.


Hulle het 'n pragtige dek en walkways na die rivier toe gebou - baie nice om in die oggende op koffie te drink! Ook 'n lekker plek om vanaf vis te vang, en al die water-manewales dop te hou.

04 November 2010

Kuier met die jetsetter!

Ons was gelukkig genoeg om vir Yolandi 'n dag en 'n nag by ons te hê, onderweg van Houston na Holland na Johannesburg na Kaapstad na Johannesburg na Angola, kon sy ons darm ook inpas! Ons het bietjie in Riebeek Kasteel gaan rondloop en "Crisp" ontdek. Hulle verkoop klompe Italiaanse goed - teen Italiaanse pryse ok, maar ten minste was hulle groente nie so duur nie. En mens pak dit in bruinpapiersakkies, hoe cool is dit! 'n Sakkie vol mushrooms, 'n sakkie vol peppers..







Projects