Vrydagaand was 'n lekker potjie en kuier tot laat. Saterdagoggend 'n driekamp (ons het gegaan vir die 5 km stap), BAT challenge (waar mens in spanne van 4 rondhardloop na verskillende punte en vrae moet antwoord), en van 2pm-6pm het ons rivier-af geroei. Saterdagaand kuier en dans, en Sondag is almal so stuk-stuk huistoe.
Ons het darm met lekker sagte Crocks geroei en nie met die harde kanoes nie.
Marna het besluit sy slaap g'n niks in 'n dorm nie!
Net om seker te maak ons draai om by die 5 km merk en hardloop nie tot in Worcester nie.
Hulle het 'n pragtige dek en walkways na die rivier toe gebou - baie nice om in die oggende op koffie te drink! Ook 'n lekker plek om vanaf vis te vang, en al die water-manewales dop te hou.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking