10 Januarie 2010

Modbus en python

Onlangs by die werk het ons 'n module aangekoop om 'n beperkte stel I/O te dryf (4 TTL intrees / 4 optiese ge-isoleerde intrees / 4 relay uittrees / 4 LED uittrees). Ons het besluit op die Eagle DAQ-S69. Aangesien ek meeste sagteware deesdae in Python ontwikkel het ek dadelik gaan soek vir 'n Python implementering van modbus... google... yep: 2!
OK so watter een:
  • pymodbus afgelaai en dit was 'n mission
  • modbus-tk afgelaai en dit het dadelik geloop, behalwe vir 'n paar tweaks
So met die besluit om verder te gaan met modbus-tk het ek ingespring en gou die veranderinge gemaak. Kontak opgeneem met die developer: Luc, en siedaar! Modbus-tk is nou reg vir aksie!

Omdat ek die ontwikkeling in my eie tyd doen is dit ook lekker om dit op my Linux box te kan doen. Ek gebruik sommer Netbeans 6.7 EA Python daarvoor, sien screenshot (besig met 'n paar testcases) hieronder. Klink of daar nog planne is vir 'n HMI, so dit sal interesant wees...





Geen opmerkings nie:

Projects