24 Januarie 2010

Kromrivier



Saterdag oggend is ons redelik betyds uit die bed oppad na Kromrivier in die Sederberg. Eers 'n lekker stop vir koffie in Citrusdal se "The Grapevine". Dirk het ook sommer oppad gehoor ons is daar en toe kuier ons lekker met hom ook. So bietjie later as beplan spoor ons die ander se tent oop by Kromrivier. Vinnige broodjie en toe 'n lekker middag slapie uitgepak.

O'ja, die ander was Marna, John en Ruedi. Terwyl ons Cranium (TM of so iets) het Rudi vir ons 'n heerlike aandete gemaak: Knoffelbrood, sampioene, en lekker braavleis met 'n klomp ander lekker dinge tussen in (waarvoor ek heeltemal nie genoeg gekultiveer genoeg is nie). Na ete is ons op 'n nagmars in die maanlig. Lekker manier om die ou kos te laat sak!

Sondag oggend lekker vroeg op! Yes, dit was Marna se verjaardag! Dit is nou om die skaduwee by Bobbejaan kop te vang. Ruedi is 'n ernstige rotsklimmer. Saam met Ruedi op om te gaan toprope en toe begin die pret. Ons was 'n klompie so ons kon elk net twee roetes klim, maar ja, dan kan mens nie anders as om terug te dink aan die Watervalboven-Pretoria dae nie...
Na die klimmery gaan Brunch (yes, met 'n hoofletter), swem en toe terug huistoe!


Geen opmerkings nie:

Projects