23 Augustus 2008

Doring Rivier Roei

My nuwe kolega Francois het ons saamgenooi om die Doring rivier te kom roei, saam met 'n pel van hom se roei maatskappy. So Vrydag aand pitch ons erens op 'n plaas naby die "Boesman grot opelug teater" agter in die bakkie.

Saterdag oggend vroeg klim ons agter op 'n trok en ry na die naaste water. Vinnig "briefing" dat roei op 'n "croc" nie heeltemal soos paddleski is nie, maar dat die paddle wel amper dieselfde lyk. So paar goeters oor lae rivier beddings en passop vir stuitjie breke en daar gaan ons...

Die eerste rapid is sommer by die ingangs punt. En so vinnig soos ons uit die boot uit hop, hop ons weer terug. Rapid na rapid begin die Oranje rivier roeiery na 'n middagslapie lyk... Middagete is lekker in die son op 'n wal en rapid vir rapid gaan ons weer voort.... Teen laatmiddag kom ons by die kamp plek aan. Almal help om al die goeters bo te kry in die grot en Paul en sy span begin om vetkoeke gaar te kry. Wow dit was lekker. Die aand kuier ons lekker en ons eet omtrent soos 30 jaar terug toe Ouma Le Roux 3 vleise, rys, aartappels en nog lekker gekookte pudding ook op die tafel sit sodat die pote omkrul.... Na die spulletjie is daar net een oplossing: Zzzzzzz....

Die volgende oggend aan die gang en opruim, oppak en opstrap op die boot. Paddle en daar gaan ons. Rapid na rapid en die laaste rapid was die laangste... lekker man. Maar toe ons om die laaste draai kom waai die wind dat ons moet roei dat die biesies bewe... en die biesies het gebewe.

Onder deur die brug en Paul hulle sit wragtig nog middagete ook voor. Weet nie waar en hoe hulle dit doen nie. Lekker gesmul en gedroog en ons is oppad na die basis terug. Laai alles af en pak weg en na die groetery is ons oppad huistoe...

Lekker ontspan en aksie naweek. Dankie Paul (van Bundi) en Francois vir die lekker kuier!

Geen opmerkings nie:

Projects