09 Augustus 2008

Wynproe by die Bergkelder

'n Onvergeetlike wynproe! Ons proe ou wyne in die Bergkelder (natuurlik deur Jaco gereel). Die atmosfeer was baie spesiaal, so in die aand onder in die vinoteek tussen die rakke en rakke ou wynbottels vol stof. Ons het 11 wyne geproe, die oudste een was 'n vonkelwyn van 1974, die Bergkelder se destydse wynmaker se eerste poging om champanje te maak soos dit in Frankyk gemaak word. Ons het vir die ene maar opgestaan. Daar was tot nog 'n bietjie fizz in! Die enigste ander wit was 'n special late harvest, ook van 'n hele klompie jare terug. Die res was rooi, en nie een het teleur gestel nie. Dit is einlik ongelooflik, want, soos Jaco se, voor 'n sekere jaar is daar nie goeie oesjare nie, net goeie bottels. Ons het dit gelukkig getref en al die goeie bottels getrek, lyk dit my! Keith was op sy stukke en het heelaand gepose sodat ons fotos kan neem waaraan sy ma hom kan onthou as hy oor 'n rukkie tussen die ysbere en pikkewyne op Antarktika sit.













Geen opmerkings nie:

Projects