27 Julie 2008

Kari verjaar







Cumpleanos felice!





Ons het die naweek groot verjaardag gevier. Ek het Vrydag verjaar, en Jaco Saterdag. Ons het dit sommer so saam hier op Soutfontein gevier. Vrydagaand het 'n paar mense oorgeslaap en ons het lekker gebraai en gekuier. Gelukkig het die weer ons toegelaat, en 'n warm vuurtjie het ook gehelp dat die koue ons nie binnetoe dryf nie. Mia was natuulik uit haar vel uit met die baie speelmaats, en die feit dat sy heelaand buite kon wees, en het ons almal vermaak met haar energie en toertjies.

Saterdagoggend het Jaco vir ons 'n 5-ster ontbyt aanmekaargesit. Die groot weber-plaat het weereens handig te pas gekom (sien 'n baie vroeere blog van Wim en Cia en Jaco se pizza-kuier). Dit was 'n lekker geleentheid om ons trougeskenk-MOET te ontkurk (dankie Marius en Irma!), en ons het hom (sonder lemoensap!) "gesavour". Wim, Cia en Cebella het effe later by ons aangesluit, en Cebella het ook vir 'n hele klomp laggies gesorg. Lekker gestap later die middag om 'n bietie van die baie eet af te stap, en die aand weer om 'n vuurtjie sop geeet. Daarna is die res van die mense huis toe, en net Dr Browne het oorgebly.

Sondagoggend word ons wakker met stortreen buite. Daar gaan ons planne vir 'n lekker fietsrit! Alhoewel "There is no such thing as bad weather, only soft people", het ons toe maar besluit om ons by die softies te skaar, binne gekuier en later die oggend bietjie Koringberg gaan verken. Lyk oulik om daar 'n erfie te he, maar heellaas is dit nie plattelandse pryse nie! Groot gelde waarvan die restaurant-cum-Seeff eienaar praat. Ons drink toe maar eerder net 'n koffie, kry nog 'n verniet stukkie brood ook uit die ou uit, en vat die pad terug huis toe. Nadat Keith ook gery het, het ons vir Mia 'n kat-deurtjie ingesit. Sy kry nog nie so lekker die idee nie, en sit haar poot daardeur en trek dit dan terug, dan sit dit vas en sit sy 'n keel op! Hopelik kom sy nog later reg....

Geen opmerkings nie:

Projects