Natuurlik het ek my gehaas vandag om by die huis te kom waar klein Mia'tjie heeldag alleen moes bly. Toe ek by die deur inkom, kyk sy heel rustig op uit haar boks waar sy besig was om 'n uiltjie te knip, so asof sy se: "En wat is jou haas?" Eers rustig strek en uitklim en 'n bietjie gaap en pootwas. En toe weer speeltyd! Ek dink sy was al min of meer bo-op alles in die sitkamer, projekkamer en slaapkamer. Dit is asof sy springs in haar pootjies het! So 'n bietjie mik, 'n gatswaai of 2, en, woeps!
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking