


Die naweek het ons saam met Bill en Gytha Hunter in die Koue Bokkeveld gaan stap. Tafelberg le op die ongelooflike mooi Bo-plaas, waar ons die eienaar, Fanie van der Merwe, Saterdag oggend ontmoet het. Hy het ons verduidelik van al die roetes en ook hoe om daar te kom. Baie gaaf.
Op na die dam en vandaar gestap in die skaduwee van Tafelberg op na die bokant van die eerste rif. Daarvandaan traverse ons oor na die volgende rif. Baie versigtig op hierdie hoogte, veral met die sneeu wat so gly-gly wink. Sodra ons goeie vordering toon, kom daar 'n klip van omtrent so meter by meter by meter los en verpletter my stap stok voor my oe... Gelukkig nie my been nie... Sjoe! Elk geval, by die einde van die traverse gou sakke afgehaal en gaan soek vir die ys stalagtiete. Maar sonder sukses.
Bo op Tafelberg na die toring en baken. 'n Paar fotos geneem en gaan kamp soek. Al kamp plek was naby die toring. Geen plek / diep grond vir penne nie, dus met klippe ons tent vasgepak! Die wind het ook gewaai dat die biesies nie net bewe nie, maar wegkruip plek soek. So 'n kos skuiling met klip gebou en so vinnig moontlik klaar gemaak om te sorg dat ons in die tente kom.


Wat 'n lekker naweek!
P.S. Volgens 'n bron op die web is Boerneef (I.W. vd Merwe) op die plaas gebore.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking