Ons het al so 'n paar dinge geleer uit die bou-petalje:
- Bouers is 'n ander spesie.
- Bouers gee nie om vir tuine nie. Hulle sien dit nie eens raak nie.
- As 'n bouer iets op 'n slegter manier kan doen met minder moeite, sal hy dit verseker doen.
- As 'n bouer gese het hy kom op 'n Saterdag, maar hy word die oggend wakker en is nie meer lus nie, dan kom hy nie.
- 'n Bouer weet nie wat 'n waterpas is nie.
- Gelukkig het ons ook gesien dat dit wat 'n bouer in 'n dag doen, kan ons self in 2 ure doen.
- Ons kat hou van die bou-gedoente. Dit maak heerlike nuwe speelplekke oop!
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking