
Ons het die naweek 'n bietjie gaan kamp by Driehoek saam met die Obies and friends. Lekker klomp gewees, so 18 asems en asempies. Ons het laat gewerk Vrydagaand en gevolglik eers 12uur Vrydagnag daar aangekom. Die kamp was al stil. Weer baie dankbaar vir ons maklike kamp-opset: vind 'n gelyk spot, trek die bakkie reg, spring in onder die kombers en slaaaaap....

Saterdagoggend eers almal gegroet

Terug by die kamp middagete gemaak, gekuier, middagslapie gevang, gaan draf, en om die vuur gekuier. Ons het 'n seekospot aan die gang gesit, wat die vuur ge"occupy" het vir omtrent 'n uur en 'n half, en die ander moes maar wag met hulle vleisies. Gelukkig was daar BAIE pot en almal kon eerste honger daarmee stil.
Vanoggend het die weer baie dreigend gelyk, en toe die eerste fyn druppeltjies begin val, se ons cheers en gooi ons goedjies in en ry toe ook sommer. Jammer om so vroeg te moes gaan, maar daar het baie werk by die huis gewag.
1 opmerking:
JIS BOET EN K
WAS LEKKER OM JULLE TE SIEN EN SUPER DANKIE VIR DAAI UBER LEKKER SEEKOSPOT!! CIAO
S&Y
Plaas 'n opmerking