Laasnaweek het ons die eerste keer 'n naweektrippie met Vincent aangepak wat nie na Oupa en Ouma in Pringlebaai was nie. Ons het vir Keith in Sutherland gaan kuier. Die doel van die uitstappie was tweeledig - om by Keith te kuier en te sien waar hy woon en werk, en om die blomme in die Karoo te gaan kyk.
Saterdagoggend het ons tydsberekening baie mooi uitgewerk - klaar ingepak was Vincent net mooi op oggendslapietyd, en het heelpad tot op Ceres salig in die kar geslaap. Dit moet baie snaaks wees vir babas om op een plek aan die slaap te raak en dan heeltemal op 'n ander plek wakker te word. Ek wonder hoe beleef hulle dit.

Anyway - lekker by die Murrays gekuier, en vir Vincent moeg gespeel. Toe sy koppie weer knik hom vinnig ingelaai en verder gery. Hy het geslaap tot op Sutherland.
Ons het baie mooi blomme oppad gesien - heuwels vol pers met oranje en wit kolle.





Saterdag met sonsonder het ons 'n vinnige stappie gemaak. Die wind was ysig koud en Vincent het nie so baie daarvan gehou nie, so ons het maar omgedraai en nie ons beplande sirkel gestap nie. Wel mooi uitsig op die teleskoop gekry, en gesien hoe die dak oopmaak.

Keith het ons 'n volledige toer gegee Sondagoggend. Dit is baie scary om op die walkway 3 verdiepings op aan die binnekant van die gebou rond te stap. Keith het ook die hele struktuur laat draai toe ons daar staan. 'n Baie aardige gevoel!
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking