19 Maart 2012

Trek is nie pret nie

Dit is darm beter as dit na mens se eie plek toe is - ek is so bly ons hoef nie weer na 'n huurhuis toe te trek nie. Nou kan ons kamers verf en soveel gate in mure maak as wat ons wil. Ons huis in Kampstraat het 'n redelike hoeveelheid werk aan gehad - ons het van dit al gedoen maar daar wag maar nog baie oor die volgende paar jaar. Maar dit is nou skoon en mooi geverf en heel leefbaar. Die kombuis maak nie meer dat mens jou hoed oor jou oë wil trek as mens daar instap nie, en die meeste van die bokse is uitgepak - al is dit net in kaste in waar dit later weer uitgepak en uitgesorteer moet word. Vincent slaap in sy eie kamer - wat nog 'n mooi seuntjiekamer moet word, en ons slaap in ons eie kamer - sonder kasdeure en sonder gordyne. Ons studeerkamer werk al so semi.
Sonder wonderlike gesinne wat almal gehelp trek, kaste verf, bokse uitpak, kos aandra, Vincent oppas, en menige ander werkies gedoen het, sou ons dit nie gemaak het nie. Ek dink ons sou al lankal mal geraak het. Ek weet nie hoe trek mense sonder 'n gesin wat help nie. Hulle huur seker mense om dit vir hulle te doen.

Hier is 'n paar voor en na fotos. 







Dit was jammer van die knotty pine plafon, maar dit het die vertrek 'n bietjie te donker gemaak. 


 Ek was baie bly ons kon darm mense kry vir die skuur en die verf. Nie 'n lekker werkie nie!

 Nog steeds n' donker vertrek, maar dit maak al 'n groot verskil.

 'n Bietjie verf maak baie dinge reg.

Almal ontspan na 'n naweek se harde werk

 Ons geniet ontbyt in die son


Geen opmerkings nie:

Projects