24 Julie 2012

Vincent verjaar

En so het die tyd aangestap en ons klein babaseuntjie is al  een jaar oud. Die eerste partytjie moes uitgestel word - een van daai siektes wat met koors en algemene slegvoel begin, en dan wag mens vir wat daarna gaan manifesteer, en dan gaan dit gelukkig net weg na 'n paar dae. So was hy darm gesond die naweek na sy verjaardag, alhoewel die helfte van die maatjies toe ongelukkig nie meer kon kom nie. Ons is darm nie heeltemal in vir groot kinderpartytjies vir eerste verjaardae nie, en was heel gelukkig met die groepie van drie maatjies en Vincent. Hulle het lekker gespeel en die groot "maatjies" het lekker gekuier. 
 Verjaardagseuntjie!

 Nijntje lezen saam met Opa en Oma

 'n Nuwe Nijntje boek! Handig as Oupa en Ouma in Holland 'n draai gaan maak!

 So ry mens 'n verjaardagkruiwa.
 En so maak mens met 'n Ikea-verjaardagtonnel!

 Die blokkekar moet eers aanmekaar gesit word.....

 En dan kan hy rondgestoot word.

 Maar die heel coolste is die Y-bike! Vir 'n seuntjie wat nog nie kan loop nie, maak dit 'n nuwe wereld oop!!

Julle se mens kan hierdie eet???


Kruiwaens aanmekaarsit is cool..

 Nefie, kleinneef en kleinnig by die familie-partytjie.

 Eers kaartjies lees!

 Die "tafel" vir die maatjie-partytjie Saterdag

 Maatjies: Lucca, Stefan en Adele

 Die koek (wat onaangeraak bly staan het en later vir die huishulp gegee is)

Blokkarre is ook cool vir nefies in rondstoot!


Fun was had by all!

Geen opmerkings nie:

Projects