Dis koud! Vandag is dit asof die winter se: "Ek los nie sonder om finaal te wys wie ek is nie". Andrew het vanmiddag die plaat agter die kaggel weer mooi geswart, so ons kon nie eens kaggel maak nie - en die hele huis het na kaggelverf gestink sodat ons al die deure moes ooplos en die wintersdag goed deur die huis getrek het. Die beste oplossing vir die koue vir my en Vincent was 'n laaaang diep bad. Waaruit dit baie moeilik was om te klim, selfs toe die water al begin afkoel het. Dit was nog steeds baie lekkerder as buite in die wintershuis.
Vanoggend om die tafel met Andrew en Helda - Philip by die deur. Helda het hom te woord gaan staan - en weggestuur. Eintlik moes ons hom ingenooi het vir koffie. Dink ek nou. Te laat.
Vir almal wat vir ons lief is. Die wat nie spesifiek vir ons lief is nie, mag ook maar kyk.
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
-
'n Lekker Woensdagaand-uitstappie na Le Quartier Francais in Franschoek: 'n ete-fliek combo. Dit is volgens Wikipedia die beste rest...
-
My nuwe kolega Francois het ons saamgenooi om die Doring rivier te kom roei, saam met 'n pel van hom se roei maatskappy. So Vrydag aand ...
-
Dit was effens hartseer om die naweek daaraan te dink dat ons by Ebb and Flow sou gewees het as dit nie vir lockdown was nie. Ek het so uitg...
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking