27 Mei 2007

Heuningmaan: 6-27 Mei 2007

Na die geseende tyd by ons troue is ek en my bruitjie oppad. Bakkie gelaai dat die diff omtrent op al wat 'n middelman skuur met fiets, surfboard en speel toerusting.

Kunje
Na so opwinde tys het ons eers by kunje gaan asemskep. In poele geswem, fietsgery en net 'n bietjie ge-groente (met beslis geen gebrek aan vleis nie).

Namtap
So klein oasis in die Cederberg wat ons so bevooreg was om te kon geniet. Wat 'n fees om geen mens vir meer as 'n week te sien en net lekker berge te kon sien en stap en klim. Ons het die eerste dag egter my kamera vergeet in die bakkie :-( en dit gou gaan haal en sommer vir Platberg ook geklim. Die tweede dag lekker die nabye omgewing geniet. Die volgende dag het ons Donkerkloof kop geklim en lekker gemiddagete daar by 'n poel. Verfris na twee dae se reen , een dag se mis en baie lees het ons Apollo peak en Apex peak gaan klim. Die laaste dag so net voor middagete se kant begin afstap en die aand weer by Kunje gaan inboek.

Ezelsbank
Na nagrus, verfrissend stort en uitsorteer vir die volgende fase van ons vakansie is ons via Op-die-berg na Matjiesrivier toe. Rustig gery en bo op Ezelsbank so entjie met die fiets gaan ry.
Lekker kamplekkie uitgekies en Kari het die heerlikste kos gemaak in 'n al sterker Noorwes wat later fiets en bakkie oor die krans wou waai. Ons soek eerder 'n windstiller plek en besef uiteindelik dat ons wind vir 'n vreeslike helling geruil het... ai...
Die oggend vinnig kajuitraad oor hoe die reen beplanning in die wiele gery het besluit ons dat die in die Karoo nooi reen nie. Met dit ingedagt suiker ons dood luiters na Sutherland....

Sutherland
Oppad na Sutherland loer ons by Kaggakama in. Heerlike koffie (veral omdat ons dit nie self in die gietende reen hoef te maak nie, mmmm... of was dit nou oor die heerlike vuurtjie wat daar gebrand het....) en muffin.... Verder al nader aan die Ceres Karoo en daarvandaan via plaashek en plaashek en plaashek oor 'n paar stunnig binnepaaie eindig ons op in Sutherland. Daar by vriende van Johan se ouers gaan inloer... en toe sommer daar gebly.... Die Oom Carl en Tannie Sagry het ons lekker gehelp met paar interesant besoeke, nl. die Kerk, Louw Meuseum, die Sterrewag en 'n besoek aan die Oom se plaas. Nou ja, toe vlug ons van reen en kry ons toe sneeu...

Middelpos en Tankwakaroo
Die oggend redelik laterig weg in die rigting van Calvinia oppad na Middelpos. By middelpos se hotel aangeklop en sommer lekker soppie in die sonkamer genuttig! Die middig is ons af by Gannaga-pas in die Tankwakaroo. Paar interesant blomme langs die pad gekry en ongelooflike uitsigte oor die plat vlakte van die pas af. Ons mik-mik heeltyd vir kamplek en toe ons 'n pragtige plekkie amper kry is ons sowaar in die Tankwa nationale park, en dus aangewese op hulle gasvryheid vir 'n aand se verblyf. Nogal lekker daar 'n kampplekkie gekry langsaan 'n huis.

Doringrivier en Botterkloofpas
Ons laaste dag op vakansie en onsmik huistoe, maar voor dit wou ek eers kyk of mens regtig nie oor die Doring rivier kan kom as dit so reen nie. Almal waarborg dit wel die geval is, maar mens moet dit darem tog self ook sien! En wow... af by die passie en daar onder is die rivier oor sy walle. Ai, mense kan net sien hoe daar 'n paar kajakkers afgaan! Omgedraai na die skouspel en terug oor die klippers via 'n ongekaarte pad na botterkloofpas. Via pakhuispas en 'n laaste koffiestop in Clanwilliam is ons na huis...

Goeie tye!

Geen opmerkings nie:

Projects