So omtrent 11:00 was ons by die halfweg stop en daarvandaan met 'n hop-skip en 'n jump is ons bo so 12:00. Die bobejane wat ons oppad gekry het, het ons maar ge-boggom dat ons die karakters laat weet dat ons wel oppad was. Die weer was baie lekker en ons het 'n heerlike tyd daarbo gehad.
Dankie aan almal wat saamgekom het. Was baie lekker!
P.S.
Na die tyd terug huis toe en het ons lekker met die uitsig op Riebeek-kasteel berg gebraai en kuier in die amper-laat-somer lig