29 Maart 2009

Eks 'n dapper muis...

So ruik ek al van Woensdag af iets in die kombuis, en ek is seker daar le 'n muis wat se lewe al 'n rukkie terug be-eindig is iewers onder 'n kas, maar ek vind niks. Later kom ek agter dit ruik die sterkste naby die stoof, en Saterdagoggend voor ons gaan hout koop skuif ons gou die stoof en die yskas weg. Maar vind niks behalwe stof en spinnerakke nie. Die middag maak ek toe maar alles mooi skoon, en toe ons die stoof wil terugskuif se Riaan hy ruik dit darm nou baie sterk hier aan die agterkant van die stoof rond. Toe skroef hy maar die agterste plaat af, en, wragtig, daar sit ta tussen die drade. Hy het mooitjies sy twee pote op die ongeisoleerde dele van twee verskillende drade neergesit en homself ge-elektrifiseer. Shame. Dapper maar nie so slim nie....

Geen opmerkings nie:

Projects