
Net so 'n fototjie wat my nogal trots maak op my uit-die-heup-skiet fotografie!
Vir almal wat vir ons lief is. Die wat nie spesifiek vir ons lief is nie, mag ook maar kyk.
So gaan stap ons toe nou die naweek Du Toits Piek. Bill en Ghyta het dit gereël, en ons het Vrydagaand by hulle aangesluit by Du Toitskloof hut. Lekker gekuier om 'n braaitjie, en daarna 'n vuur binne in die hut se kaggel gemaak (met baie TLC deur Bill) en hot chocholate gedrink.
Dit was nogal moeilike padmaak deur 'n klomp hoë bosse en Proteas, gelukkig het ons bo-op die ruggie weer die regte pad gevind. Van daar op na die pinnacle, en voor om traverse tot op 'n nekkie tussen die pinnacle en die berg. Van ver af het hierdie stuk berg heeltemal onmoontlik gelyk om te stap, maar by nader besigtiging darm effens meer gaanbaar. Dit was baie steil, though, en stukke scramble, waaraan ek en Riaan nie gewoond is nie. Gelukkig het ons vasgebyt deur die stukkie en dit maar rustig gevat, daarna het dit darm weer meer stapbaar geraak. Maar dis een van daai berge waar, as jy "bo" kom, jy sien dat jy einlik nog glad nie bo is nie!
Na 'n rukkie se scout (dit was ook vinnig besig om donker te raak) het Bill en Ghyta besluit om sommer op die sneeu tent op te slaan. Riaan (wat nie tent opslaan as dit nie nodig is nie) het besluit ons moet so 200m terugstap na 'n grotjie waar ons verby gestap het. Met inspeksie was dit toe goed genoeg vir vroutjie om in te slaap, en ons het daar afgepak. Bill-hulle het na kamp opslaan by ons aangesluit en ons het in die grot gekook - dit was lekker warm hierbinne, 9 grade in vergelyking met buite se 6! Ons pakkie pasta en sous het nie so goed uitgeval nie (moet nooit die wild mushroom, garlic and black pepper koop nie want al wat mens proe is die black pepper) en ons het sjokolade en warm sjokolade nodig gehad om die brand uit ons monde te kry.
Ek het heeltyd vir Riaan uit die bed probeer jaag, want vir die ander om in die grot in te pas vir ontbyt moes ons eers ons slaapgoed wegpak. Dit het maar moeilik gegaan, maar uiteindelik het ek hom op en aan die tee maak gekry, en ek het gaan water haal en die ander twee gaan soek. Net 'n leë tent het my begroet - hulle was blykbaar al 6 am uit die vere om die piek (wat nog 'n entjie was) te gaan uitklouter!