Ma Hannetjie het verjaar, en dit was 'n goeie geleentheid om die hele familie , die wie nog hier in SA is en ook die wat hier op besoek was, bymekaar te kry. Ons het lekker gekuier om die tafel met Pa Arend en Ma Hannetjie, Oom Govert, Tannie Rita, Walter en Dianne, Johan en Bianca, en Captain Morgan. Sondag het ons die pikkewyne by Bettiesbaai gaan kyk, wat almal al gesien het (selfs die Hollanders!) maar ek nog nie. Die outjies was heel rustig, en het net hier en daar onder mekaar baklei, maar meestal gestaan en slaap. Hulle is blykbaar altyd rustig op Sondae!
Vir almal wat vir ons lief is. Die wat nie spesifiek vir ons lief is nie, mag ook maar kyk.
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
-
Vroeg oggend in Wimpy by Colesberg gaan koffie drink om wakker te word en al langs die Hendrik Verwoerd (alias Gariep, of wat noem hulle d...
-
We have not hiked for a long long time. We have walked. We have strolled. We have toddled. But we have not HIKED So we decided to take...
-
Onlangs besig om al my ou files skoon te maak op die 2TB Backup drive.... toe kom ek ophierdie brief van Karen van der Merwe af. Liewe ...
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking