22 Maart 2010

SlanghoekPiek





Hannelie het afgekom van Pietermaritsburg om 'n paar ouens te gaan oplei in rotsklim. Voordat sy dit kan doen het sy 'n paar mense gekort om te kom help met die rekkie. En met 'n langnaweek kan mens verseker nie stil sit nie, so die Doorduins was reg vir aksie. Keith en Jaco het ook saamgekom en Vrydag aand is ons in die donker na Kromrivier hut, amper soos van ouds met die BTK se berghut.





Saterdagoggend (6:30) het ons vir Keith agtergelaat om die hut op te pas. Ons het begin stap na Slanghoek Piek. In die klofie op totdat ons die padjie verloor het en begin boulder hopping doen. By 'n groot poel teen 'n krans het ons begin leopard crawl deur 'n inheemse woud, 'n laaste scramble verby "iNeedle-Hamba-Gashle" - Losweg vertaal as Die-naaldoog-waardeur-mens-mooi-moet-loop. Daarvandaan op 'n plato of vleitjie oor via 'n travers op Slanghoekpiek.





12:30 was ons bo. Middagete en toe binne 30min weer af. Nou moes ons begin padsoek... Die was nogal 'n vreeslike boendoe-bash, maar ons is darem veilig en gekrap onder in die volgende vallei. Oor 'n paar rivier, bosse, bosse.... en nog bosse... Uiteindelik sien Hannelie vir Lidya-hulle wat 'n kinder uitstappie het en doodluiters vinnig vorder. En sowaar... hulle loop op 'n paadjie. Vandat ons die paaitjie gevind het gaan dit makliker. Junction-pool gestop en bietjie gerus en toe die pad gesoek wat op in die kloof moes gaan. So 6:30 weer by die hut gewees... lekker! Daar 'n klomp lede van Helderberg seksie ontmoet. Vinnig opgepak en terug gesuiker kar toe en toe na Ronel in Stellenbosch. Wat 'n lekker trippie!















Geen opmerkings nie:

Projects