
Dit het gereën en was koud vandag, en ons sou 'n brekfissie iewers gaan eet het, maar toe is ons nie lus vir uit in die weer nie, en maak toe sommer iets by die huis. Toe middagete-tyd aanbreek, besluit ons ons moet seker ietsie gaan doen, en ry toe maar Riebeek se rigting om 'n plekkie te gaan soek wat sop het. Pulpit Rock, ons eerste keuse, was toe, en toe stop ons by 'n klein plekkie in Riebeek Wes waar ons nog nie was nie. Wat 'n fout was. Ongelukkig kon ons eers sien hoe dit binne lyk toe ons by die deur ingaan, en, goed opgevoede kinders wat ons is, wou ons nie omdraai en weer uitloop nie. Ons was ook die enigste mense daar, en die kelnerin het al na ons toe aangekom met 'n boekie. So toe vra ons maar vir sop en soek die beste plek uit om te sit in die clutter. 




1 opmerking:
Die foto's laat my sommer nies. Die goed wat rondstaan is nie eers mooi nie. Dink iemand moet miskien maar sy loslopende hond / kind daar in stuur om bietjie "op te ruim"...
Plaas 'n opmerking