
Die aand voor die tyd is alles gepak - ons het nog 'n meningsverskil gehad oor of ons 'n 3rde sak by ons rugsakke moet vat en of ons alles in twee rugsakke en 'n dagstappiesak gaan kry, maar gelukkig het ek gewen en die 3rde tas is saam - anders het ons dalkies nie plek gehad vir al die Turkish Delight wat saam teruggekom het nie. :-) Maar ek stem na die vakansie weer heeltemal met my slim man saam - hoe minder goed mens hoef saam te sleep (al is dit net in die lughawegeboue voor mens dit in die kar laai) hoe beter. Volgende keer lose ons die 3rde tas en bring niks vir niemand saam terug nie. Of dalk pos ons dan eerder maar presentjies van daar af.

Die oggend van ons vertrek reën dit katte en honde, gelukkig kan Pa en Ma van den Dool ons lekker voor die splinternuwe lughawegebou afgooi, en na nog 'n laaste fototjie is ons reg vir die hele inboekstorie. Gewapen met al wat 'n paspoort, i.d., huweliksertifikaat en enige ander dokument wat kan help om die proses glad te laat verloop, en wonder bo wonder word niks vrae gevra nie en ons is binne 'n paar minute by ons boarding gate. Gelukkig


Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking