Vir almal wat vir ons lief is. Die wat nie spesifiek vir ons lief is nie, mag ook maar kyk.
24 Januarie 2011
Kalkbaai omgewing uitstappie
Ons het Saterdag 'n baie lekker stap aangepak saam met die bergklub, onder leiding van Nico Holtzhausen, in die berge bo Kalkbaai. Daar was 26 mense, nogal 'n groot groep vir so 'n uitstappie. Ek was effens bekommerd oor die pas van die stap, maar Jeanette het my heel aan die begin verseker dit sal 'n stadige pas wees, want die meeste mense op die stap is of bejaard of swanger! Dit was heerlike weer vir stap, lekker bewolk en koel, en ons het 'n baie interessante stuk klouter gehad so halfpad. Ons het domweg altwee ons kamera's vergeet, so het ongelukkig geen fotos om te bewys dat ons wel gestap het nie. Net seer spiere en goeie memories.
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
-
Die week is die projek waaraan ek die afgelope jaar gewerk het uiteindelik afgelewer! Nogal scary om 1 jaar se 600kg effort in die lug te si...
-
My nuwe kolega Francois het ons saamgenooi om die Doring rivier te kom roei, saam met 'n pel van hom se roei maatskappy. So Vrydag aand ...
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking