Dalk onthou van julle nog so dik bybel genaamd "Afrikaans my taal". Sjoe... as my kleurblindheid my nie in die steek laat nie was dit so vaal groene... Daar was 'n hoofstuk met iets oor anglismes. Nou ja... ek onthou bitter min van die lesse, behalwe dat Mnr. Riaan van Lill, 'n paar oulikes gehad het wat my nogsteeds bybly. Elke keer as ek 'n soortgelyke een hoor dan kan ek nie help vir Mnr. van Lill aan te haal nie: "Sopas ge-arriveer by die busstop op die paffement..."
So SMS skoonma my 'n artikel in Die Burger (17/03/2011): "geprivilegieerd"...
Nouja... :-)
Vir almal wat vir ons lief is. Die wat nie spesifiek vir ons lief is nie, mag ook maar kyk.
22 Mei 2011
Welgevonden 40 se vuurmaakplek
Ons het 'n rustige naweek gehad, nie te veel gedoen nie, net Saterdag oggend gou 'n koffie met Bob gaan drink. Paar fittings gaan koop en die wasmasjiene opgekoppel, by Guillaume en Christine gaan middagete ge-eet en plaas verken, Starwars se laaste episode gekyk. Sondag oggend kerk toe, 'n fliek waarteen die kerk waarsku gekyk, internet moontlikhede ondersoek en....
... die kaggelvuur ingelyf met heerlike rooiwyntjie...
... die kaggelvuur ingelyf met heerlike rooiwyntjie...
Teken in op:
Plasings (Atom)
-
My nuwe kolega Francois het ons saamgenooi om die Doring rivier te kom roei, saam met 'n pel van hom se roei maatskappy. So Vrydag aand ...
-
'n Lekker Woensdagaand-uitstappie na Le Quartier Francais in Franschoek: 'n ete-fliek combo. Dit is volgens Wikipedia die beste rest...
-
Na 'n lang nag van flieks kyk en min slaap, land ons 6 a.m. op Attaturk Internasionaal. Gou-gou deur doeane en koop 'n visum, mens k...