Vir almal wat vir ons lief is. Die wat nie spesifiek vir ons lief is nie, mag ook maar kyk.
28 Junie 2011
Pamper-dag by Sante
Kleinboet het ons darm nog tyd gegee om 'n ma-en-dogters pamper dag by Sante Winelands Spa in te pas. Dit was 'n heel luukse ervaring! Die terapeut wou my net nie eintlik meer masseer nie - ek dink sy was baie bang ek kry die babatjie net daar! Sy het darm bietjie kop en voete gevryf (ekt maar nie vir haar gese daar is trigger punte op mens se voete wat die baba ook kan laat kom, volgens die refleksiologie-ouens nie!) met 'n kersie waarvan mens die was kan gebruik - blykbaar is olies redelik uit van 6 maande af. Ons het die uitstappie afgesluit met lekker koffie by Backsberg.
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
-
Die week is die projek waaraan ek die afgelope jaar gewerk het uiteindelik afgelewer! Nogal scary om 1 jaar se 600kg effort in die lug te si...
-
Onlangs by die werk het ons 'n module aangekoop om 'n beperkte stel I/O te dryf (4 TTL intrees / 4 optiese ge-isoleerde intrees / 4 ...





Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking