02 Julie 2011

Uitstappie in die reen


Liesbet kom kuier met Dirkie, en dit reen, maar ons is nie bang nie, en gaan kyk na 'n plekkie baie naby aan ons huis waaroor ek al 'n lang tyd wonder. Ons ry eers tot naby die venster, en sien 'n welkom bord, en 'n gas-heater. Die plek adverteer "coffee shop and deli". Ons dink dit lyk nie te sleg nie, en maak die dash in deur die reen.Dit was 'n fout. Die museumpie aan die koffiewinkel was heel oulik om een keer te sien, maar die koffie, koekies en broodjies was erg teleurstellend. Die cuppochino was van die Nescafe sakkies, die koekies was uit daai groot pakke waar daar so 100 koekies in is vir R20, en die broodjie, wel, daar was iets snaaks aan wat ons nie kon identifiseer nie. En ook nie te hard probeer doen het nie.
Nou weet ons dit ook.

Na 'n draai deur die dorp om te gaan kyk of die Hollandse slagter krokette en ander interessante dinge het, en om nog 'n koffieplek te gaan soek, kies ons maar eerder die veilige opsie en kom drink tee by die huis voor 'n kaggel. En sodat Riaan bietjie kan oefen met Dirkie hoe om 'n baba vas te hou.

Geen opmerkings nie:

Projects