Vir almal wat vir ons lief is. Die wat nie spesifiek vir ons lief is nie, mag ook maar kyk.
29 Mei 2012
Oh the nights
Sjoe waar gaan die tyd heen. Dis al weer 'n hele tydjie vandat ek laas geblog het - soos Marna my herinner haak Vincent 'n bietjie lank vas met sy ABC's. Hy is darm nou al verby die stadium en kan al maak soos 'n uil, 'n vissie, 'n kat, 'n hond, 'n perd en die donkie sukkel nog bietjie maar dis amper daar!
Die ding is as mens so min slaap soos ek - het mens nie in die aande nog krag vir blog skryf nie. Dan doen mens die nodige - was die skottelgoed, vee die aanregte af, skop gou al die speelgoed min of meer uit die pad dat ek nie in my soms 5 of 6 trippies 'n nag na Vincent se kamer toe daaroor val nie, en gaan klim in die bed. Blog skryf is nie op my Maslov lysie nie. Die dat dit "by the wayside" val.
Vanaand is bietjie beter as gisteraand. Nie dat gisteraand nie lekker en gesellig was nie, ons het gekuier vir Ronel se verjaardag en Ouma en Oupa van den Dool wat more op 'n amper-rondom-die-wereld-toer vertrek. En vir Oupa en Ouma Doorduin se 36ste huweliksherdenking. Riaan het baie mooi onthou om vir al die events te bid, en dit was 'n geseende aand. Die oumas het die kinners gebad terwyl die res van ons (behalwe die mans) vars pasta en 'n miljoen souse gemaak het. Ek was bietjie te oorywerig met die sousbeplanning. Die finale produk het baie mooi op die borde gelyk: 'n hoop pasta in die middel met blomblare van sous rondom. Na 3 probeerslae om Vincent aan die slaap te kry, het ons ingegee aan sy behoefte om deel (eintlik die middelpunt ) van die geselskap te wees. En toe ons hom op die ou end om net voor tien in die bed kry, was sy breintjie duidelik nog nie afgeskakel nie. Die toe oe was maar net 'n smokescreen en voor 12 was hy al 3 keer weer wakker en het ons hom maar by ons in die bed gesit. Ons het immers 'n baie groot bed (twee driekwart beddens teen mekaar) vir daai doel. Maar, soos Riaan vanoggend met 'n baie moee stem gemompel het, vir Vincent het ons 'n rugbyveld nodig. Rustig was die nag beslis nie, op 'n stadium het ek wakker geword (haai dan moes ek actually geslaap het!) en gesien Riaan hang omtrent met sy voete en skouers aan die bed en die res van sy lyf halfpad af en Vincent le met sy lyfie dwarsoor die bed en lyk of hy Riaan met sy kop teen sy maag probeer heeltemal afstoot van die bed af. Ek vra toe maar of hy ok is so, en die antwoord was "nie eintlik nie". Vincent het nie baie daarvan gehou om aan sy voete teruggetrek te word na die middel van die bed nie, en luidkeels geprotesteer en byna onmiddelik weer sy voorgenoemde posisie ingeneem. Was dit toe dat Riaan maar vir 'n uur lank gaan kyk het hoe vorder die downloads op die rekenaar in die studeerkamer? Ek kan nie onhou nie.
Vanoggend was Ta bright eyed and bushy tailed en ons ooglede het omtrent agter ons aangesleep oor die vloer. Gelukkig was Ouma Doorduin 'n vervrissende teenwoordigheid en hulp.
Nou wat soek ek nog die tyd van die aand agter die rekenaar? Goeie vraag!

Teken in op:
Plasings (Atom)
-
We have not hiked for a long long time. We have walked. We have strolled. We have toddled. But we have not HIKED So we decided to take...
-
Na 'n lang nag van flieks kyk en min slaap, land ons 6 a.m. op Attaturk Internasionaal. Gou-gou deur doeane en koop 'n visum, mens k...
-
Dit was effens hartseer om die naweek daaraan te dink dat ons by Ebb and Flow sou gewees het as dit nie vir lockdown was nie. Ek het so uitg...