Vir almal wat vir ons lief is. Die wat nie spesifiek vir ons lief is nie, mag ook maar kyk.
12 Augustus 2012
Weer Cedarberge
Laasnaweek was dit die van den Dool kant van die familie se beurt vir die Cedarberge. Ons het almal ons intrek in Oom Piet se huis ingeneem. Dit moet so snaaks wees vir 'n kleintjie soos Vincent - ons klim in die kar, ry ure lank, klim uit op 'n plek en dan is Oupa en Ouma, tannie Ronel en oom Brett, en beste van alles, nefie Benjamin ook daar! Hy was baie ingenome om sy nefie te sien en het vinnig nadergekruip en na hom gewys en seker gemaak ons sien almal dit is sy nefie! Dit was maar bitter koud, veral Saterdagnag, maar ons het lekker gekuier - en die sneeu met 'n dag gemis!! Maandag het dit in al 9 provinsies gesneeu, blykbaar die eerste keer wat dit opgeteken word. Ons sou sowaar vasgesneeu gewees het.
Pragtige sonsondergang!
'n Bewys dat dit onder vriespunt was Saterdagnag
Oeee bokkies!
Pasop - hulle kou mens se vingers!
Eendag gaan ek ook so 'n stootskraper ry!
Benjamin sit op sy seepkis en vertel 'n klomp stories.
Halo Mamma!
Pragtige sonsondergang!
'n Bewys dat dit onder vriespunt was Saterdagnag
Oeee bokkies!
Pasop - hulle kou mens se vingers!
Eendag gaan ek ook so 'n stootskraper ry!
Halo Mamma!
Teken in op:
Plasings (Atom)
-
My nuwe kolega Francois het ons saamgenooi om die Doring rivier te kom roei, saam met 'n pel van hom se roei maatskappy. So Vrydag aand ...
-
'n Lekker Woensdagaand-uitstappie na Le Quartier Francais in Franschoek: 'n ete-fliek combo. Dit is volgens Wikipedia die beste rest...
-
Na 'n lang nag van flieks kyk en min slaap, land ons 6 a.m. op Attaturk Internasionaal. Gou-gou deur doeane en koop 'n visum, mens k...