06 Januarie 2013

Blaauklippen



Sondag oggend (2012/12/30) het die Viljoene (ons bure) ons genooi vir 'n piekniek/ontbyt by Blaauwklippen.

Wat die trip so spesiaal maak is dat Jean 'n versamelaar is van ou volkswagens. Die spesifieke bus Samba VW het 'n baie oulik storie. (Lees hier meer daaroor.)


Ek herkou nogsteeds nostalgies aan die kuier. Jean was al vroeg oggend besig om te politoer en alles netjies reg te kry. Vincent was mal oor die bussie en erens het hy lekker agter die stuurwiel ingeskuiwe.

Jean ry baie versigtig en dus het ons teen so 80kmph (50mph) aankruie... geen aircon dus die somerwind het deur al wat 'n oop venster is gewaai (iets soos 32 vensters in totaal) en geen siplek gordel. Die Samba is lekker ruim en dit maak natuurlik dat mens lekker kan gesels (amper asof mens in die sitkamer sit). Die Samba het ook venstertjies effens na bo wat dit amper laat voel of jy buite sit. Lekker!

By Blaauwklippen aangekom het ons eers ontbyt by die restaurant gaan eet en verder die twee kleintjies besig gehou met trippies in en uit die museum... (wat mens se hart so nou en dan effens laat stilstaan.) Na ontbyt het ons by die stalletjies gaan rondstap. Vir 'n oujaars oggend was dit nogal 'n woelige bedryf.

Na 'n tweede koppie koffie is ons weer terug in die bus en suiker-suiker in geskiedenis terug gery Paarl toe. Die dreuning van die bus was net die regte medisyne vir die twee kleintjies en hulle het vinnig uitgekonk na droomland.




Dankie Jean en Leana vir die lekker trippie!

Geen opmerkings nie:

Projects