18 Mei 2015

Stella word 4

Vincent

Jou maats raak almal 4

Een van die dae is dit jou beurt.

Jy hou van partytjies.

Stella is jou maatjie wat al van Tjokkerland af saam met jou kom - hulle woon op 'n plaas in 'n werkershuisie - 'n gesellige klein huisie. Sy is 'n lekker wilde kind, 'n plaasmeisie wat hoenders jaag (tot haar  ouers se ontsteltenis). Die eerste keer wat ons by haar gekuier het, het sy probeer om jou sover te kry om van 'n kas af op haar bed te spring. Ek dink nie jy wou nie, maar sy het jou hand gevat en jou probeer optrek. En toe voeter sy van die kas af. Ons het net 'n groot val gehoor, en moes kom trane afvee. Xenia het 'n reel gemaak dat daar nie meer van kaste af gespring mag word nie, maar ek het gedink dit was nogal cool.

Sy het laasweek 4 geword. Met 'n pienk koek wat Xenia self gemaak het - wortelkoek - waaraan niemand van julle gewoond was nie. Estienne het saam met julle gaan grenadella's jag - en die meeste pret was ook om binne op Stella en Sebastian se beddens rond te spring.
Jy het so smart gelyk met jou waterbootse en pappa se hollandse keppie. Ek wens ek het 'n foto geneem toe jy met die trappe afgestap het.




Geen opmerkings nie:

Projects