17 Mei 2008

Midlands meander

Vanoggend eerste ding opgepak en aan die gang. By Escourt eers voorraad opgevul. Via Rosseta, Nottingham Road en Lotheni ge"meander". Hier en daar gestop vir fotos en gekyk vir arende. By Himeville in die Himeville Arms 'n baie groot lekker middagete geƫet. (Sjoe ek is nou nog vol...) Verder gehoor dat ons dalk Sanie Pas in die bakkie nog gaan maak. In elk geval gedink dit sou lekker wees om Kari die pas net te wys van die onderste grenspos af. Pad was toe glad nie goed nie en ons het so paar kilometer van die grenspos tou op gegooi. Die pad was regtig sleg verspoel. Seker omdat hulle nou beplan om hom te teer en niks onderhoud gedoen het nie. (Toe ons omdraai, kom daar 'n Toyota-bussie taxi verby. Ons het dit nog sterk oorweeg om die volgende dag met een van hulle op te gaan, maar het toe maar besluit dat dit dalk nie die beste van planne is nie.) Dus omdraai en ons kamp die aand by Cobham. Ons stap so entjie oor die hangbrug en neem lekker fotos. Net genoeg sodat ons uitsien na more se stappie hier.

Geen opmerkings nie:

Projects