Vanoggend so teen 6:00 of 6:30 op en aan die gang. Gesukkel om ons eerste keer se basiese stap goed uitgesorteer te kry. Darem voor 8:00 by Ndidima hotel om ons ekstra 5km by die stap te voeg vir die inteken van die berg register. Seker nodig, maar wat 'n eindelose "slog". (Dis omrent 500 m se stap teen 'n bult op tot by die hotel waar mens die bergregister moet teken, dan weer daar af, en dan 4 km teerpad tot by die ou hotel waar mens met die stap begin. Dit is nog ok as mens nog vars is in die oggend, maar daai 4 km teer was 'n killer die middag toe ons klaar gestap het! k) By die haarnaald by Cathedral Peak Hotel begin ons uiteindelik die berg bestyg. Lekker lekker! Op die klein berg verby Shermans Cave. Bo op die klein berg sien ons vir Cathedral Peak, die Bell, die Drie Susters, Outer, Inner en die res van die berge tot by Monk's Cowl. Naby Orange Peel gap draai ons links op die kontoer pad, onderdeur al die majestieuse berge. In die een klofie kry ons 'n klomp broodbome. Middagete op "One Tree Hill". Zig-zag na benede. "Slog" weer terug via die teerpad en teken uit. Kuier die aand lekker verder en troos die sekuriteits beampte met 'n tjop, brood en hot-chocolate. In die middel van die nag word ons verras deur 'n klompie bokke wat ons toe nie vinnig genoeg kon afneem nie... Zzzz...
Vir almal wat vir ons lief is. Die wat nie spesifiek vir ons lief is nie, mag ook maar kyk.
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
-
Vroeg oggend in Wimpy by Colesberg gaan koffie drink om wakker te word en al langs die Hendrik Verwoerd (alias Gariep, of wat noem hulle d...
-
We have not hiked for a long long time. We have walked. We have strolled. We have toddled. But we have not HIKED So we decided to take...
-
Ons is al lankal bang ons verloor ons Bergclub lidmaatskap omdat ons so min stap, so Saterdag het ons gou 'n vinnige uitstappie onder l...
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking