22 Mei 2008

via Grahamstad na Jeffereys

Vanoggend deur honde wakker geblaf. Opgestaan, gestort en ge-ontbyt. Fotos geneem van kampplek en gegroet. By die Inligting en Toeriste sentrum vir Tom en Sonja ontmoet en lekker oor wattles gesels. Blykbaar gee wattles stikstof aan die grond af. Na 'n pottery plek, die kerkie en die kleinste biblioteek in Suid Afrika. Verder via Ecca Pas na Grahamstad en in ou Transkei oulike plekkies soos "God is Great - haircuts" gesien. Kari wou nie hĂȘ ek moet my hare daar sny nie. Lekker op Grahamstad met Nico, Kari se neef, gekuier en gou by Rhodes Universiteit gaan kyk. Vandaar na Port Elizabeth toe en 'n bietjie langs die kus daar afgery. So net na 5:30 kom ons by Jeffereys Bay binne. Lekker vuurtjie in die munisipale kampeerterrein.... ZZzzz.....

Geen opmerkings nie:

Projects