Wys tans plasings met die etiket vakansie. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket vakansie. Wys alle plasings

29 Mei 2009

Lekker in Limpopo










Ons het die afgelope week lekker hier (Tzaneen) by ons skoonsus gekuier. Yes... dit is MTB Mekka! Dit is hier waar die epic Magobaskloof MTB Clasic gedoen word (in my jonger dae). Nietemenin het ons probeer om soveel moontlik MTB in te pak.

Vrydag:

MTB tot bo die rif van Duiwelskloof, en kamp bo op die rif.













Saterdag:

Bundubash en probeer om deur 'n inheemse bos die ou-ou-ou pad te vind na Magoebaskloof: 1h30 later met nog niks in sig nie... 20min later weer by die begin.... Elkgeval dit was pret gewees om al die downhills daarna aftery deur bloekom bosse... Lekker.... Ons kamp die aand lekker om 'n vuurtjie by "De Hoek"

Sondag:

Kyk na Oom Bert se blykplek tydens sy eerste jaar as bosbouer-in-opleiding. Stap af na die Dokolewa Waterval en stap terug hut toe. Gaan verken verder vir Heanertsburg se begrafplaas met die ongelooflikste uitsig.











Maandag:

Maandag gaan ry ons naby Houtbosdorp op ons MTB's... Lekker gery in inheemse bosse tussen ape en bokke.... die lewe is lekker... Eet die aand by Sawn en Maryne en kinders.






Dinsdag:

My bakkie moes in vir 'n diens... ai kon dit net nie langer uitstel nie... so daar is 'n middag van probeer besig bly in die dorp.... Ons gaan eet die aand by Gary en Nita op Duiwelskloof.

Woensdag:

Ons gaan kuier by Danie en Marda op die plaas (hulle is kliente van Kari-hulle). Hy wys vir ons die plaas en al die nuwe dinge vandat ons die laaste keer daar is. Gaan stap tussen die Kiwi boorde en gaan kyk hoe lyk die avokado boorde. Hulle het ook 'n mak Samango aap, Matewis, wat kom vrugte haal en die plaas as sy terrein beskou. Baie oulik!




















Donderdag:

Danie gaan wys vir ons die Dap-Noude dam. Terug by die huis saal ons die fietse op en ons is weg. Lekker ry ons na die dam en geniet onself gate uit. Ons verder verkennings werk lei ons toe tot bo op die berg tussen deur pragtige inheemse bosse. Daarvandaan terug huis toe en groet vir Danie oor 'n koppie koffie in die dorp. Die aand braai ons lekker by Lise se landlord.





















11 Mei 2008

Cathedral se Rainbow Gorge


So 8 uur kamp opgepak en vinnig Rainbow Gorge gaan stap. 'n Pragtige inheemse woud met die ongelooflikste bos gevoel. Baie fotos geneem (maar in bosse moet mens, want hulle kom nie gewoonlik uit nie). Lekker rustig. Terug by die parkeerterrein van die Didima hotel amper op 'n klein slang getrap.(Die vorige keer toe ek my man SO sien spring het, was toe 'n likkewaan vir hom hoezit gese het op die Visrivier!k) Uitgeteken. Kamp toe. Stort. Oppak en Injasuthi toe. Hans en Karen aangekom en ons het so laaste paar stap goeters uitgesorteer. Lekker gebraai voor ons die lekker stap aanpak! (Ek en Karen het met groot vreugde die bord by die kantoor gesien wat trout adverteer, en ons moes opsluit gaan hoor of hulle vir ons 'n paar het. Gelukkig het hulle nog 2 gehad, en Hans het dit besonder lekker vir ons gaargemaak. Terwyl die mans 'n worsie en 'n braaibroodjie geniet het, het ons omtrent die vissies se grate afgelek. Dit is nie aldag wat mens trout kry nie, en teen R14/vis proe dit nog soveel lekkerder! Dit was die nag so koud dat die sak ys wat Hans op die gras uitgegooi het, die volgende oggend nog net so ongesmelt gele het! k)

10 Mei 2008

Cathedral kontoerpad



Vanoggend so teen 6:00 of 6:30 op en aan die gang. Gesukkel om ons eerste keer se basiese stap goed uitgesorteer te kry. Darem voor 8:00 by Ndidima hotel om ons ekstra 5km by die stap te voeg vir die inteken van die berg register. Seker nodig, maar wat 'n eindelose "slog". (Dis omrent 500 m se stap teen 'n bult op tot by die hotel waar mens die bergregister moet teken, dan weer daar af, en dan 4 km teerpad tot by die ou hotel waar mens met die stap begin. Dit is nog ok as mens nog vars is in die oggend, maar daai 4 km teer was 'n killer die middag toe ons klaar gestap het! k) By die haarnaald by Cathedral Peak Hotel begin ons uiteindelik die berg bestyg. Lekker lekker! Op die klein berg verby Shermans Cave. Bo op die klein berg sien ons vir Cathedral Peak, die Bell, die Drie Susters, Outer, Inner en die res van die berge tot by Monk's Cowl. Naby Orange Peel gap draai ons links op die kontoer pad, onderdeur al die majestieuse berge. In die een klofie kry ons 'n klomp broodbome. Middagete op "One Tree Hill". Zig-zag na benede. "Slog" weer terug via die teerpad en teken uit. Kuier die aand lekker verder en troos die sekuriteits beampte met 'n tjop, brood en hot-chocolate. In die middel van die nag word ons verras deur 'n klompie bokke wat ons toe nie vinnig genoeg kon afneem nie... Zzzz...

09 Mei 2008

Oppad na Cathedral



Vanoggend vroeg opgepak en so net na 8:30 in die pad geval. Appels en sleutels by die stat afgegee en via Luneberg se kerk en kafee die pad na Vryheid geneem. Kari het suksesvol inkopies gedoen vir ditte en datte, terwyl ek nog by die ko-op, nog by die kwekery en nog by RAP-packaging geholpe kon word met 'n leë dik kunsmis sak ... Verder oppad na Dundee via Bloedrivier en Ncoma museums. Aan die oorkant van die laer is daar 'n kulturele sentrum wat die Zulu kant van die storie verteenwoordig. Baie gawe ou wat ons rondlei en 'n interessante blik op die verlede gee. In teenstelling met die Zulu kant kry ons 'n nors ou omie by Bloedrivier. Hy het sommer met die intrapslag aanspraak gemaak op sy ingang-geldjies. Elkgeval. Toe gou deur die ossewaens geloop, en ek kon net sien hoeveel meters ons met die koper kan maak.
Op Dundee het ons by die Museum middagete geëet. Ek en Wim en Cia het hier êrens tydens my verjaardag in 2003 geëet. Op Ladysmith (waar ek ook laas in 2003 was) het ons amper verdwaal. En weereens (as ons my neus gevolg het) sou ons verdwaal het, waar ek en Wim ook al 'n keer of wat die nag ingevaar het en moes navigeer op die suiderkruis. Gelukkig toe 'n ou daar naby wat ons gehelp het. Langs Spioenkop dam en Winterton verby eindig by Cathedral / Ndidima kampterein. Hier kamp ons in die nuwe kampterein. Lekker die aand 'n ou vleisie op die kole... (Lekker om uiteindelik in die Drakensberge te wees. Ek was baie lanklaas hier, en glad nog nie by Cathedral-area nie. Dit slaan mens se asem weg as mens so deur die heuwels en statjies aangery kom, en die berg wat eers in die verte so klein lyk, verrys later tot 'n enorme reeks hier voor jou. Veral met die laatmiddagson was die kleure ongelooflik mooi. 'n Prentjie wat mens nie gou sal vergeet nie. k)

08 Mei 2008

Mooihoek


Vanoggend redelik vroeg ontbyt geëet. Darem nie voor sonsopkoms nie. Na energie bymekaar geskraap is gekyk of ek die lek kon vind by die dammetjie. Lyk of dit daar by die gaas of mesh is wat die sement werk kort.
'n Lekker stap aangepak vroegmiddag: wat veronderstel was om 'n stappie voor middagete te wees het toe lank daarna geindig (afhangend natuurlik van hoe vinnig jy honger word...) Op pad na die nekkie agter die huis, bietjie na links, en toe af oor 'n randjie deur 'n bos. Beide klink maklik maar het nogal tyd gevat.Af met die pad, terug na die hek by die feetjiebos, maar toe mik ons links na die poort se kant by die rivier. Oor die rivier, en so al met 'n pad langs die rivier. (Hier lyk dit of mens die kom nogal lekker kan opdam!!-grappie). Ons sien 'n likkewaan, otterspore, en moontlik sy blyplek, wat ons met rus laat, maar lank van 'n van 'n afstand af dophou. Koekies geeet op 'n klip en fotos geneem van dit van die poort en Linjaan. Verder na oom Rudolf se kuil se bokant-ste poel waar K 'n skoenlapper probeer afneem. Sy gly toe, ka-plonk kniediep in die poel in. Ai toggie.Alles probeer droogkry en die seer weggeswem. (Dit moes baie snaaks gelyk het. My voet gly, ek val opmy maag, ek en Riaan kyk na mekaar, en daar begin ek gly. Al met die skuins klippe af tot onder in die poel. Alles was nat, skoene, klere, kamera. Gelukkig is die kamera al gewoond aan rowwe behandeling, en ken die kuns van droog word in die son! k) Ek het ook 'n dip gevang. Na 'n paar koekies is ons terug huistoe. Kari het aan haar Spaanse huiswerk gewerk terwyl ek 'n draffie gaan vang het. Terug het ons begin inpak. :-( Lekker die aand gebraai, vir oulaas.
More is ons laaste dag op Mooihoek.

07 Mei 2008

Mooihoek

Vanoggend het Kari gou 'n ander bult agter die huis gaan uitklim. Ek is darem bietjie vroeër uit die vere en na 'n koffie en ontbyt het ek die res van my boek klaar gelees: "The Science Book". Laat mens net besef hoe klein ons hier op aarde is en dat ons nog nie naastenby al die wonderwerke van Vader ontdek het nie. Een van daai boeke wat jou opsaaik om dadelik die naaste Prof te bel en 'n Ph.D. te begin. (Ai en dan het hy 'n vrou wat hom dadelik aan die realiteite van Ph.D.-swot herinner... ;-) Kari het vir middagete 'n heerlike aartappel slaai gemaak, wat ons toe na Voelkuil neem. Lekker daar dagboek geskryf en Kari het geswem...Brrrr.... (soos ek gese het...k) Middagete geeet. Dit was ongelooflik om te sien hoe die wattles minder geword het. Ons het self toe ingespring en 'n paar gebas stroom-op se kant. Oppad terug sien ons hoe hulle begin om grasvelde te brand. Fotos geneem by die miershope en lekker tuis in die ghoema gebraai.

06 Mei 2008

Mooihoek


Vandag al bietjie meer ingeburger hier. Kari het vroegoggend 'n bult gaan klim. Ek het lekker laat geslaap... Bietjie koffie gedrink, ontbyt geëet en gelees. Ek het so vinnige draffie ingewerk na die boonste hekkie. Die middag is ons rustig na Oom Rudolf se kuil. Baie vinnig gedip: Dit was vreeslik koud! Kari het die swem so bietjie langer uitgerek! (Sulke poele MOET mens gebruik, al is dit winter! k) Rustig weer terug na huis en lekker in die ghoema gekuier en uitgerook vir die res van die aand.

05 Mei 2008

Mooihoek

Vandag is ons eerste dag op Mooihoek. Onder die heerlike duvet het ons die sonnetjie getart, maar is darem uiteindelik uit die vere en aan het ontbyt maak. Gou die sleutels gaan haal. Vir Kari rondgewys, afgepak. Met alles uitgesorteer en 'n vinnige middagete happie is ons vir die grand-tour-oor-die-koppie na die feetjie bos. Af in 'n klofie in die rigting van Oom Rudolf se kuil en weer op na die huis. Lekker die aand gebraai. (Dit is voorwaar ongelooflik mooi. Ek kan net sien dat hier al soveel goeie tye saam gespandeer is. Die herinneringe dryf in die lug rond, en al kan mens hulle nie vasvang nie omdat dit nie aan jou behoort nie, weet mens hulle is daar. Dankie aan die Morisse dat ons so 'n ontspan-wekie voor die groot stappery by Mooihoek kon inwerk! k)

1 jaar Bruilofs Herdenking

Een jaar van getroude lewe: Beter as wat ek dit kon voorstel. 'n Ongelooflike vroutjie is my gegee en ek is baie geseend en dankbaar! Ons ken mekaar al so amper 10 jaar, maar die afgelope jaar kan ek se sy is myne!! En ek het 'n maatjie!! (Darm nou nie meer so alleen soos die dag toe hy gebore is nie...;-) Ek kan ook se dat die afgelope jaar die beste van my lewe was. Ons is voorwaar baie dankbaar dat die Vader ons vir mekaar gegee het. En watter beter plek om die herdenking te vier as bo-op die koppie by Mooihoek! K)

Kari: Jy is en bly die beste!!

04 Mei 2008

Oppad na Mooihoek

Vroeg oggend in Wimpy by Colesberg gaan koffie drink om wakker te word en al langs die Hendrik Verwoerd (alias Gariep, of wat noem hulle die plek nou weer... ) en toe via Bethulie. By Smithfield het ons natuurlik verkeerd gedraai en amper in noodgevalle by die hospitaal ingery. Volgens oorlewering moet hier êrens ook nog 'n kanon wees met die naam van Grietjie wat ons toe nooit kon opspoor nie. 90km na Wepener en vinnig na Hobhouse. Daar 'n koppie koffie met vla / "custard"koek by die Oom en Tannie gedrink. Die Oom doen die ongelooflikste skilder en leer kuns. Baie besonders. Lady Brand. Naby Ficksburg by die kersieplaas "Constantia" gestop. Fouriesburg het 'n pragtige kerk en 'n lekker soppie en brood in Clarens terwyl dit giet van die reën verseker dat ons warm en vol verder kan aanskuif Bethlehem toe. Bohlokong, Warden, Vrede, grondpad, Volksrust, Wakkerstroom en Mooihoek!

03 Mei 2008

Dit is vakansie Tyd!

Laat oggend aan die gang na die vorige aand se jolyt. (Het sommer by Brett en Ronel gekiep na die troue. k) Laat inkopies by P'n P en slagter gedoen. Toe is ons oppad! Worcester, Beaufort en Colesberg die bakkie se dors geles. (En hy is nogal dors!) In gietende reen het ons erens 'n happie gaan eet en toe 'n stil plekkie voor die skool gesoek vir slaapplek...

02 Mei 2008

Irma en Marius Trou

Irma en Marius het so 15:00 se kant by Morgenhof getrou in Stellenbosch. Dit was baie oulik en enduit 'n fees! (keurig, om tannie Rika se woorde te gebruik (k)).Hulle het, terwyl hulle besig was met die foto nemery (http://www.peartree.co.za/), vir die gaste 'n heerlike wynproe gereel. Baie oulik om so aan jou gaste te dink en was 'n groot sukses en so iets kan ek nogal aanbeveel vir paartjies wat troues op wynplase reel... :-) Na 'n paar draaie op die dansbaan is ons na Brett en Ronel vir 'n goeie nagrus voor ons Groot Trek kaal-bande-oor-die Drakensberge.... (Dit was baie spesiaal dat ons die troue kon bywoon. Dankie dat julle hier kom trou het, Marius en Irma! Nou is 3 van ons 4 "old-timers" getroud, en Dirk (wat seker gesien het die trouery lyk darm nie TE sleg nie) ook verloof. Go Dirk en Gherda! Ons is bly saam met julle! k)

Oppak

Vanoggend al ons dinge in die bakkie gepak..."Left-overs" vir ontbyt en laaste paar fotos gebackup om plek te maak vir die onmiddelike vakansie fotos! Nou oppad na Irma en Marius se troue!

25 April 2007

Bali

Vrydag 20/04/2007

Andre het my afgelaai by die lughawe amper hopeloos te vroeg, maar nietemin meer as betyds. Alles heel goed, maar ek nie gereken dat ek eers 15:00 se vlug vang nie. Elkgeval: Toe terwyl ons opstap gesels met 'n Suid-Afrikaner en hy het my darem gerus gestel, want met hierdie vreeslike taal is ek natuurlik heeltemal verward...

Hier geland en 'n man van een of ander toer aggentskap het my by die hotel help inboek. Ek weet dit nie so nie, maar ek het 'n ongelooflike wantroue in die mense hier... dit sal seker verander. Die hotel is heel belik en veral na 'n 5ster een in Jakarta is dit so bietjie van 'n aanpassing. Kan nie glo dat ek dit se nie, maar ja... dit is so... Die hotel is in 'n stegie naby een van die besigste strate. En as ek se stegie... dan ja... lyk dit soos een van daai weird plekke waar jy nie eintlik wil wees nie. Maar as jy eers by die hotel is, is dit pragtig...

Elkgeval so bietjie op en af gestap in die duisende winkels... en baie besig en almal smous iets. Darem 'n internet kafee gekry waar ek darem so net-net kon hello so met SA se mense... So 22:00 se kant na bed.

Saterdag 21/04/2007



Vanoggend redelik vroeg op en aangesterk met ontbyt. Bietjie georienteer en toe die stad gaan verken. Na Kuta beach. Deur kraletjies stalletjies etc. Verder een of ander ou my omgepraat om na een af ander ander hotel te gaan vir 'n prys wat ek gewen het, maar dit was natuurlik alles nonsens.... toe stap ek maar aan na nog 'n strandjie waar hulle die boot trippies na Kuta Reef toe maak. Nou weet ek ook waar dit is. Die hotel is redelik sentraal so ek kan darem orals heen stap. Dit neem wel tyd, maar die het ek mos in oorvloed. Middagete by 'n shopping mall 'n paar broodjies gekoop, waarna ek terug hotel toe is om my surfboard te gaan kry.

Kuta beach is 'n vreeslike lang strand. En dit is waar meeste mense kom surf. So redelik crowded, maar daar is so baie waves om te vang, dat niemand moeilik raak nie. Die water is flippen lekker en ek het so amper twee ure ingebly. Toe begin dit donker word en weerlig. Ek was al soortvan oppad uit toe dit begin reen. Laat mens baie dink aan die reen in transvaal. Gestort en bietjie gele en lees. Daarna net gaan stap lang strand. Vir laaaank....

So by skemer tyd sommer gaan sit en kyk hoe die son sak. Toe kom stap daar 'n klomp local (wel... van Oos Java eiland) na my toe en vra of hulle vir hulle engelse taak 'n onderhoud met my mag voer... so darem toe soortvan interesante interaksie.


Daarna gaan eet by die Hard Rock Cafe. Heel interesant om dit te doen. Ek was dalk 'n bietjie vroeg, en ook by gebrek aan geselskap het seker ook nie te veel aan my gedoen nie... So toe terug hotel toe en lekker boek lees...

Sondag 22/04/2007


Sleg geslaap, maar nietemin 8:30 oppad na Medewi. Dit is nou in 'n ramshackle Mitchubishi bussie wat amper so replika van die Suzuki tipe van busie met die twee deure wat ons jarre terug in SA gekry het. Dit alles is natuurlik via-via gereel met amper elkeen wat skuldig lyk met 'n vinger in die paai... nee dit is darem nie regtig so nie, maar dit is amper so vriend se vriend storie... en ek voel net soos die sukker toeris...

Die gawe man wat my rondrits is die einste Komang Indra van Tirta Silajaya Tour & Travel, wat geen een natuurlik mee sal saamgaan as jy die hoegenaam waag om dit via die internet te book (en dankie tog dit staan nie op sy besigheids kaartjie...). Die trippie neem ons op 'n egte asiese rally, waar 'n getoet en gekarring met ratte die volle 80-100km duur. Gelukkig to ons weer by Soka verby kom word ek verras met die mooiste kus-branders wat ek al gesien het. Die pad hiervandaan na Medewi was baie lekker en ry deur immergroen klowe. By Medewi wag Agung (my vriend van die Hotel waar ek bly) op ons. Die ene vriendelikheid self... en ek moet bief teen die tyd is ek en Indra ook baie meer vertroud met mekaar. Goeie mense...

Hulle help my toe amper daar in die water en ek is oppad na epic waves, want mense... daar is mens plekke langs ons kus waar 'n brander so mooi breek... elke keer amper op die selfde plek met 'n bitter maklike takeoff dat selfs die ses voeters jou nie eens laat twyfel nie... Ek was so plus minis twee ure in en toe besluit om maar terug te gaan. Daar lekker by die informele kaffeetjie gesit en kyk na die toneel voor my. Agung nooi my toe uit vir middagete, want hy bly sommer daar naby. Sy huis is nou spreekwoordelik in die paradys. Klein groen paatjies na die huis toe in kom ons se dan nou maar: Rural Bali... maar jy weet amper nie daar mense verder op in die woud is nie. Elektrisiteit en alles. Daar bring sy vrou 'n volgang maal: Rys, vis en 'n stukkie vleis op 'n weird stokkie en kokosneut gereg! Wow. Baie lekker, maar mens moet maar wild na die sakdoek gryp, want die goeters is warm! “Hot-aaah, velly hot!” Daarna het Agung my die rivier gewys en toe ons eers daar geswem. Pragtigste skoon rivier, waarin almal was, ens, ens vir so odd 100km, so jip... baie versigtig. Terug by die huisie begin fotos neem van die pragtige tuin. Daarna gegroet en toe weer vinnig twee waves by Medewi gaan ry.

Kris-Kros oor die bulte terug met 'n slap regs na Tanah Lot temple toe. Fotos geneem, rondgestap en die plek bewonder en 'n ysteetjie gedrink. Terug in Kuta: Veilig en ongedeerd. Is ek deur 'n stort en opsoek na Warrung 69. Gekry en toe vir seker die lekkerste ete nog: Want honger is mos die beste kok. Internet en terug kamer toe om skets te skryf, te lees en te kiep...

Maandag 23/04/2007

Nog 'n interesante dag met Tirta Silajay Express... Die mannetjie (Indra) wag my al so 8:45 in by die hotel... dit is nadat ek gou rondgeskarrel het om geld te wissel en tande te borsel. Vandag is dit Ulu Watu, maar voor ons daar heen oppad is, eers gaan kyk by Naso Dau.

Dit is 'n stunning plek, met 'n reef wat diep in breek. Daai tipiese prentjies op poskaarte en vakansie advertensies: Meeste van hulle is seker maar hier geneem. Ek het so ent gestap en fotos geneem. Die pad soontoe en terug is ook lekker Net groen bome en woude rondom.
Elkgeval dit weer vinnig versteur toe ons na Dreamland naby Ulu Watu. Daar afge-hink-e-pink oor klippe en stuff. Onder in die see by 'n absolute stille oseaan. Well... toe ek later iemand vra: Dit is immer hoogwater... ai toggie... Ek sit eers daar op 'n reef wat belowend lyk maar tot my spyt kan selfs die wat dik is nie eers gery word nie... ai toggie... hy bruis maar net so bietjie oor die reef en dan breek hy met 'n tiepiese Pringlebaai-beachbreak so paar meter op die strand. Oor gepaddle na die left wat breek en daar ook nie veel beter nie. So omtrent so uur later is ek maar terug by my vriend en is ons oppad na Pedang-pedang!

So die eerste dag op Bali het ek in so paar mense vasgeloop ('k dink Ausies) wat ek gevra het oor Ulu Watu. Hulle vra toe of ek nog leer, en natuurlik se ek, “Nope, I'm alright...!” Elk geval... dalk leer ek nog... Daar teen die kranse tussen geboutjies en stalletjies en dinge en mense afgestap tot in 'n grot. Ok... nou hoe nou... en toe onthou ek wat die Ausies gese het: “Deur die grot en dan paddle jy om uit die rip (stroom) uit te kom. En dan paddle jy om agter te kom en as jy wil uitkom: Mik vir die klein strandjie en dan kry jy hopelik die grot raak, 'Mate'!” So toe is ek darem daardeur die grottjie en toe ek sonlig sien is dit nog voor ek kon se “surf” en die stroom het my. Ek sien hoe ek hier moet paddle of hulle tel my by Kuta beach op... gits... so toe paddle ek my armpies flou... Kom agter en sit seker so halfuur daarond met groot oe en 'n hart wat in my keel klop: Ok, so hierdie groot goeters gaan ek ook nie ry nie, en op een of ander manier moet ek uit... want dit is nie nou meer lekker nie! So toe na een van die Ausies vir my se: “Better surf off to ya left, mate!”, was dit seker die teken om maar om te draai as om eerder biejie meer left te le... So met so 'n stilte begin so bietjie paddle en moet opskraap om te kyk of daai strandjie wel haalbaar is, en nee: Ek dink nog geen man het daar voet gesit nie... in elkgeval nie met 'n surfboard in die hand nie... Maar gelukig met sewe slukke sout water is ek toe uiteindelik met nog grootter oe in die grotjie en sowaar “ding” (kap) ek nog my surfboard neus (Rp.80000) ook.
So bo terug by Indra, en hy is heel verbaas dat ek terug is. Verduidelik toe my storie en vergryp my eers na Coke om nodige suikervlakke te herstel. Eet nog so bietjie noodles en eiers en neem maar fotos etc.etc...

So later die middag (na bord gerepereer en middag slapie ook al buite die kwessie was) suiker ons toe in die Mitchubishi oor bulte en dale na die “Pemerintah Kabupaten Budung” Hindu tempel. Met 'n blou sarrong en bandjie-dingetjie begin Indra heeltemal liries gaan oor die tempel en stout apies en neem foto hier en neem foto daar. So aan die een kant asof dit die hoogtepunt is, maar ook asof dit al so ingeoefen is.

Laaste stop is Jinbaren hawe, waar hy van hierdie een plek weet waar jy kos per kg kan koop. So met my gebrek aan cash na die surfboard ding Sit ek met 'n skamele hoeveelheid geld in my beurs, in seker een van die amper mees idiliese Bali'se omgewing: Sonnetjie wat sak, waters wat kabbel en bootjies op die water. So hier sit ek (en ek moet eintlik vir my 'n vreeslike grand stuk kreef of iets bestel) en ek sit met amper geen cent op my in hierdie plek waar alles wapper en wys van grand-geit. So toe bestel ek maar die vyf mosseltjies met baie-baie rys en drink my koppie koffie. Die waiters was nie baie gelukkig nie, maar tenminste lekker met van die Ausies gesels... Ingra lag ook net lekker toe ek uitsatp met 'n Rp.1000, d.w.s. R1. Hehe...
Terug by hotel groet ek vir Ingra met seeninge en wense. Drink my welcome drink. Lees my boek klaar en gaan kry gou 'n paar geskenke. Boek vlug en antwoord epos. En fluit fluit...

Dinsdag 24/04/2007

Vanoggend bietjie laat geslaap om maar te begin inkom vir die SA tyd ding... Ontbyt ingepak vir die lang dag en gaan surf. Heel oraait surfie in Kuta beach. Nie wow nie, maar wel lekker. Verder gou al die geld terug gewissel, ingepak en alles gedoublecheck, uitgeboek en begin om rapporte en skets te skryf terwyl ek vir my lift na die lughawe wag.

Epic toer en Indos sien my weer!!

Projects